Leesvordering:

Boek van die Week: Wat die see gesien het

Jan 11, 2019

Op ’n dag gaan Sophia saam met haar pa see toe. Hulle geniet ’n heerlike dag op die strand, totdat ’n donderstorm uitbreek en hulle inderhaas moet vlug. Sophia verloor per ongeluk haar teddie; haar spesiale teddie wat eers haar oupa s’n was, en toe haar ma s’n, en daarna hare sedert die dag toe sy gebore is.

Sophia se hart is gebreek, maar die see sien wat gebeur en dalk, net dalk, kan die see Sophia se teddie vir haar terugbring, maak nie saak hoe lank dit neem nie …

Hierdie beeldskone, spesiale prenteboek kombineer asemrowende collage-kunswerke met ’n hartroerende storie wat jou altyd sal bybly.

Wat die see gesien het is oorspronklik in Engels uitgegee as The Sea Saw. LAPA het die regte bekom en deel nou graag Jaco Jacobs se uitstekende vertaling, die pragtige storie en wonderlike prente aan alle kinderharte tussen die ouderdom 3 en 103.

Niemand is te oud om die hartseer én die mooi van hierdie beeldskone boek te geniet nie.

Wat die see gesien het

Teks en illustrasies: Tom Percival

Vertaler: Jaco Jacobs

Ouderdom: 3+

ISBN: 9780799389562

R135,00

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest