Leesvordering:

AfriForum veroordeel politici wat leerders by Laerskool Schweizer-Reneke misbruik

Jan 11, 2019

Na aanleiding van die rasseherrie wat by die Laerskool Schweizer-Reneke losgebars het, het AfriForum politici veroordeel wat dié situasie onmiddellik vir eie gewin uitgebuit het sonder om eers die werklike agtergrond van die foto wat op sosiale media geplaas is, vas te stel.

Verskeie politieke partye – insluitend die EFF, ANC en DA – het reeds hul opinies gelug en die skool veroordeel sonder ’n deeglike ondersoek om die feite te bevestig.  Die leerders is vir die partye se eie ideologiese doelwitte misbruik en aan traumatiese ontruiming blootgestel wat hulle in ’n onaanvaarbare posisie geplaas het.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is daar kanale in plek waardeur klagtes oor probleme by skole – insluitend rassistiese optrede – na behore ondersoek kan word en die nodige optrede kan volg. In hierdie geval, na aanleiding van een foto, is blote gevolgtrekkings en selfs dreigemente van geweldpleging gemaak. Dit is duidelik dat die welsyn van enige van die leerders allermins deur die politici oorweeg is of as van belang deur hulle geag word en dat hul eerder op die vooraand van die verkiesing op eie politieke gewin fokus.

Bailey het gewys op ander foto’s wat weer aandui dat die klasgroep geroteer het en leerders van verskillende rasse ook saam aan die lessenaars in die klas gesit het. “Ongeag die waarheid agter die storie – al die skool se leerders is getraumatiseerd, hulle onderrig is ontwrig en die gemeenskap is gepolariseer. Enige rasionele ondersoek van die feite en bevindings oor die agtergrondgebeure wat die foto’s voorafgegaan het, gaan gevolglik nou deur die emosionele reaksies oorskadu word. Dit gaan moeilik omkeerbare skade by baie laat, wat tragies is.”

AfriForum is bereid om traumaberading op versoek aan enige van die betrokke leerders te verleen.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest