Leesvordering:

Internetvondse vir Januarie

Jan 30, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids en jy wat in die buiteland woon pas by mekaar soos Creme Soda en ’n laerskoolsokkie, soos biltong en droëwors en soos Ouma en Oupa op die stoep. Kom loer gerus na die wye verskeidenheid ondernemings wat in ons gids gelys is om jou Suid-Afrikaanse behoeftes te pas.

Hiermee Wêreldwyd se internetvondse vir die maand:

NowNow Café

Of jy nou na ’n vinnige ete of ’n lekker lang koffiekuier saam met vriende op soek is, is NowNow Café die perfekte plek. Ons het iets vir enigiemand se smaak: heerlike Suid-Afrikaanse disse, tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en koeke. Ons het selfs vegetariese en glutenvrye opsies beskikbaar.

Ecali Fine Jewelry

Die konsep van ’n Ecali-ring begin by ’n vonkie in die verbeelding van die juwelier, die ontwerper, die verliefde metgesel of selfs die passievolle kliënt. Van die heel begin af vervul die ring ’n waardevolle doel – dit sê “Ek is lief vir jou”, “Dankie” of “Jy verdien dit”.

Die edelsteen word uitsonderlik vertoon of die sentimentele ontwerp word met groot sorg vasgevang. Hierdie vonkie is waar ’n leeftyd van geluk begin.

Boeremeisies in Aus

Unieke Suid-Afrikaanse items. Afrikaans is my taal en lê só na aan my hart! Ek wil graag vir almal in Australië ’n stukkie van Suid-Afrika bring.

Ayoba-Ya Meat co.

Outentieke, varsgemaakte Suid-Afrikaanse voedselprodukte soos biltong, boerewors en droëwors.

Berkshire Biltong

Ons bring heerlike biltong na die mense van Brittanje.

Verken die gids hier of lys jou eie onderneming gratis. Ondersteun jou landgenote en netwerk met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest