Leesvordering:

KYK: Lokprent vir Disrupted Land vandag gepubliseer

Feb 25, 2019

Die rolprentvervaardigingsmaatskappy Forum Films het vandag aangekondig dat die dokumentêre film Disrupted Land op 7 Maart 2019 in Pretoria bekend gestel sal word. Dié rolprent, wat in samewerking met AfriForum vervaardig is, handel oor die verdraaiing van Suid-Afrika se geskiedenis met betrekking tot sowel grondeienaarskap as die mislukking van grondhervorming in Suid-Afrika. Hierdie aankondiging is gemaak met die publisering van die lokprent op Forum Films se YouTube-kanaal.

Die film is geskep deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum en uitvoerende hoof van Forum Films. Dit sal gebruik word as deel van AfriForum se veldtog om die verdraaiing van die geskiedenis met betrekking tot grondbesit aan die kaak te stel, sowel as om plaaslike en internasionale steun teen onteiening sonder vergoeding te werf.

“Ons moet feitelik en eerlik oor die geskiedenis kan praat. Waar daar gefouteer is, moet ons dit erken; waar sekere dinge reggestel kan word, moet ons dit doen. Terselfdertyd moet ons sterk standpunt inneem teen politici en aktiviste wat die verlede verdraai om hulle eie politieke agendas te dryf. Disrupted Land wys dat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika veel meer kompleks is as wat die regerende elite dit wil voorhou; ook dat huidige pogings klaaglik misluk om grondhervorming te dryf, en dat die situasie aansienlik sal vererger indien die regering voortgaan met sy planne om privaat eiendom sonder vergoeding te onteien,” sê Roets.

  • Disrupted Land is vervaardig deur Ernst Roets, Louis Gagiano en Alexa Reynecke. Die regisseur is Elrich Yssel.
  • Die première van Disrupted Land vind op 7 Maart 2019 by die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria plaas.

 

\

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest