Leesvordering:

Suid-Afrikaanse burgerskap – bly ingelig

Feb 26, 2019

Dikwels verloor Suid-Afrikaners hul burgerskap onwetend wanneer hulle burgerskap in die buiteland aanvaar sonder om eers vir die behoud van hul Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen, en soms doen hulle willens en wetens daarvan afstand. Die latere gevolge hiervan besef hulle nie altyd nie.

Die volgende gebeur as jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor:

  • Gewoonlik behou ’n mens jou permanente inwonerstatus, maar jou identiteitsnommer verander om die verandering in jou status aan te dui. Jy sal dus jou identiteitsnommer oral moet verander.
  • Jy mag nie meer vir ’n Suid-Afrikaanse paspoort aansoek doen nie, en jy mag ook nie jou bestaande Suid-Afrikaanse paspoort gebruik nie.
  • Jy mag nie meer aan Suid-Afrikaanse verkiesings deelneem nie. (Die 1994-verkiesings was ’n uitsondering op dié reël.)
  • Kinders wat ná die verlies aan burgerskap gebore word, het geen aanspraak op Suid-Afrikaanse burgerskap nie tensy jy eers weer suksesvol vir die herinstelling van jou burgerskap aansoek doen.

Die Grondwet noem wel dat ’n mens die reg op burgerskap het, maar jy verbeur daardie reg as jy nie jou wetlike verpligtinge vir die behoud van jou Suid-Afrikaanse burgerskap nagekom het nie. Dit help dus nie om jou daarop te beroep nie.

Bly ingelig en doen navraag oor die prosesse voordat jy enige ander burgerskap aanvaar.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest