Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Vanilla Zulu Culinary Adventures

Feb 27, 2019

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids het alles waarna jy soek! Ons wil graag hê dat jy moet tuis voel, al is jy vêr van Suid-Afrika af. Daarom bevat ons gids inligting oor Afrikaanse dokters en prokureurs, kleinhandelaars wat biltong, koeksisters en ander Suid-Afrikaanse produkte verkoop en restaurante wat eg Suid-Afrikaanse disse voorsit in jou omgewing. Daar is selfs mense wat jou kan leer kos maak indien jy vergeet het hoe, soos dié week se onderneming in die kollig, Vanilla Zulu Culinary Adventures.

Vanilla Zulu Culinary Adventures is ‘n interaktiewe kookskool wat jou met alles sal toerus om ’n meestersjef in jou eie kombuis te word. Kosmaak is veronderstel om lekker te wees, nie intimiderend nie! Vanilla Zulu is op alle ervaringsvlakke van toepassing: Van ontluikende meestersjefs wat ’n heerlike soufflé of coroquembouche wil baasraak tot mense wat graag die basiese kosmaaktegnieke wil bemeester om ’n bietjie verskeidenheid tot hul daaglikse spyskaarte wil voeg – ons wil jou graag alles leer wat ons weet. Vanilla Zulu is waar smulpape mekaar ontmoet, kook, leer, lag en eet. Vanilla Zulu bied selfs spanbouklasse in ’n ontspanne, unieke omgewing aan, wat prefek is vir produkbekendstellings en sosialeklubvergaderings, en om direksielede of kliënte te vergas. Bou bande met jou kollegas deur ’n gedeelde belangstelling in kosmaak en watertand eetgoed. Dié geleenthede is baie suksesvol vir sowel klein as groot maatskappye. Jou geleentheid kan by jou behoeftes aangepas word. Soek jy ’n plek vir jou onderneming se volgende produkbekendstelling, direksievergadering of span-dinkskrum? Ons geriewe is ten volle met internettoegang, wit borde, ’n projektor, klankstelsel en groot eet-/direksiekamertafel vir 100 mense toegerus.

Besoek Vanilla Zulu se webtuiste hier

Besoek Vanilla Zulu se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest