Leesvordering:

Statebondsdag 2019

Mar 14, 2019

Weens my dubbelburgerskap as ’n Britse Suid-Afrikaner is ek lief daarvoor om Statebondsdag in Londen te vier. Ons was vandag buite Westminster-abdy saam met die pers, om waar te neem hoe al die afgevaardigdes vertrek.

Ter viering van die dag het Haar Majesteit Koningin Elizabeth II, hoof van die Statebond, vanmiddag ’n Statebondsdagdiens by Westminster-abdy bygewoon.

Die tema van die diens was “’n Verbonde Statebond”, wat lede van die Statebondgemeenskap bymekaargebring het met die 70ste herdenking van die moderne Statebond.

Ander lede van die koninklike familie insluitend die Prins van Wallis, die Hertogin van Cornwall, die Hertog van York, die Hertog en Hertogin van Cambridge en die Hertog en Hertogin van Sussex het die verrigtings bygewoon.

Kunstenaars Clean Bandit en Alfie Boe (Alfred Giovanni Roncalli Boe) het by die diens opgetree en vlagdraers het die vlae van al 53 lande in die Statebond gedra. #CommonwealthDay

Statebondsdag het hierdie jaar ’n spesiale betekenis, omdat 2019 die 70ste herdenking van die moderne Statebond aanstreep. Die Statebond verteenwoordig ’n wêreldnetwerk van 53 lande en byna 2,4 miljard mense – ’n derde van die wêreldbevolking – waarvan 60 persent onder die ouderdom van 30 is.

Suid-Afrika het die Statebond in 1931 betree (Statuut van Westminster; verlaat in 1961, herbetree in 1994).

Kyk die volledige diens hier:

 

Besoek Ronel van Zyl se blog hier.

Die eerste minister van die Verenigde Koninkryk, Theresa May (bo en onder)

1RSA (bo en onder) haal die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris af ná die diens

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest