Leesvordering:

Boek van die week: Boodskapper van die gode

Mar 20, 2019

Ek wou so graag hê een van daardie fone moet lui en die man moet (sonder om verbaas te lyk) omdraai en dit optel. Dan moet hy glimlag en in ’n stem wat al dekades lank aan miljoene mense bekend is, sê: “Hello, Elvis here.”

Boodskapper van die gode is ’n keur uit die veelbekroonde joernalis Murray la Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die 104 stukke in hierdie bundel neerslag. Ervarings uit sy kinderdae en jeug word afgewissel met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam. Hy skryf oor waarom hy nie die Anne Frank-huis kon besoek nie, vertel van vergrype op eilande, beskryf hoe hy en sy nefie as vyfjariges oorlog ontdek het, gee ’n glimp oor eerste liefde op sy hartsplek, Hangklip, en deel met die leser hoe sy geliefde vriendin in ’n heks verander het. Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite.

La Vita is ’n bekroonde Afrikaanse profiel- en rubriekskrywer. Hy skryf dikwels oor op die oog af klein gebeurtenisse en dinge, maar dit word dan ontgin op ’n wyse wat die leser twee keer laat kyk.

Antjie Krog sê die volgende: “Niemand kan soos Murray la Vita met feitlik geen besonderhede subtiliteite aandui nie (ek dink hy is ’n stilistiese sjamaan en ons behoort almal by hom te leer).”

Boodskapper van die gode

Murray la Vita

Rubrieke

9780799393217

R230,00

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest