Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Kudu Peckham

Mar 27, 2019

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos skaapboud op ‘n Sondagmiddag. Daar is restaurante, winkels met Suid-Afrikaanse produkte, Afrikaanse dokters, prokureurs en selfs Afrikaanse kerke! Elke week kies die Wêreldwyd span een onderneming om in die Kollig te verskyn, hierdie week se onderneming is Kudu Peckham in die Verenigde Koninkryk. As jy verlang na ‘n bord gekookte kos so reg uit jou ma se kombuis, dan is hierdie restaurant net vir jou!

Kudu is ‘n vriendelike, buurt restaurant in die hartjie van Peckham.

Ons spyskaart word gevorm deur die seisoene, kreatiewe borde wat die beste vars produkte kombineer met ‘n tikkie verbeelding om bekende disse ‘n speelse kinkel te gee.

Ons Suid-Afrikaanse wortels inspireer ons kos – of dit nou ‘n potjie is wat stadig oor kole prut, of om ons heerlike Kudu brood te bak. Ons produkte word sover moontlik van plaaslike verskaffers ontgin, ons vier jagters en soekers en verkry wat ons kan van ons eie kruie en groente tuine.

Kudu is die droom van paartjie – Amy Corbin en Patrick Williams – wie saamgebring is deur hul liefde vir goeie kos en ‘n hartsdroom om ‘n spesiale spasie te skep waar hulle hul gunsteling disse kan deel met vriende, familie en bure.

Besoek Kudu Peckham se webtuiste hier

Besoek Kudu Peckham se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest