Leesvordering:

Danie Theron – ’n militêre held met ’n boodskap

Apr 10, 2019

Net buite Fochville op die pad tussen Johannesburg en Potchefstroom staan ’n monument wat een van die dapperste Boerevegters van die Anglo-Boereoorlog gedenk. Die Danie Theron-monument lê hoog teen ’n randjie net af van die N12, maar as jy die moeite doen om die paar honderd meter na bo te stap (of te klouter) om die hoë gedenknaald van naderby te aanskou, sal jy besef dat dit die moeite werd is.

Danie Theron sal deur die nageslagte onthou word as die stigter van die Theron Verkenningskorps (TVK) – ’n eenheid wat beskou word as die voorloper van die Suid-Afrikaanse Weermag se verkennersafdeling. Theron het in die Anglo-Boereoorlog saam met sy nagenoeg 100 verkenners geveg, per fiets verken en inligting oor die Britse magte ingesamel.

Hy is op 9 Mei 1872 in Tulbagh gebore en kwalifiseer ná skool as onderwyser en gee skool in Kroonstad. Kort daarna kwalifiseer hy as ’n prokureur en open sy eie praktyk in Krugersdorp. Dit is ook hier waar hy sy hart op Hannie Neethling verloor. Hulle raak verloof, maar in Augustus 1898 sterf Hannie aan longontsteking en word begrawe op hul familieplaas, Eikenhof.

Gedurende die oorlog het Danie en sy span verkenners telkens heldhaftig aan die gevegte deelgeneem. Volgens die geskiedkundige Fransjohan Pretorius het generaal Louis Botha later oor Danie opgemerk: “Hy was as soldaat gehoorsaam en trou, as offisier onverskrokke en bekwaam, as krygsman ’n held. Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk gegaan het, wat opgewekter ’n moeilike taak volbring het nie, hetsy as leier, as spioen, of as aanvoerder by ’n aanval. Die woord ‘nee’ het Theron nooit geken nie. Wat aan hom opgedra is, het hy gedoen. Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie.”

Danie se dapperheid het egter op 5 September 1900 tot sy dood gelei. In Gatsrand, die omgewing waar die Danie Theron-monument vandag uittroon, het Danie op dié dag ’n Engelse konvooi bespied en besluit om ’n lokval vir die konvooi te stel. Hy is egter deur vier Britse verkenners verras. Die koppie waar Danie opgemerk word, word met kanonne gevuur en Danie word noodlottig getref.

Later word Danie, die dappere held met die boodskap, volgens sy wense langs sy geliefde Hannie begrawe.

Vandag is die Danie Theron-monument ’n herinnering aan dié dappere vegter. En volgens die gedenkplaat aan die voet van die monument simboliseer die vlam aan die punt van die naald “die vlam van vryheid wat gebrand het in die harte van Danie Theron en die Boere wat hul vryheid, onafhanklikheid en Vierkleur verdedig het.”

 

 

Lees ook: ‘n Naam wat iets beteken

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest