Leesvordering:

Internetvondse vir April

Apr 24, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids en jy wat in die buiteland woon pas by mekaar soos Cream Soda en ’n laerskoolsokkie, soos biltong en droëwors en soos Ouma en Oupa op die stoep. Kom loer gerus na die wye verskeidenheid ondernemings wat in ons gids gelys is om jou Suid-Afrikaanse behoeftes te pas.

Hier is April se internetvondse

Kudu Peckham

Ons Suid-Afrikaanse erfenis inspireer ons kos – of dit nou ‘n potjie is wat stadig oor kole prut, of om ons heerlike Kudu brood te bak. Ons produkte word sover moontlik van plaaslike verskaffers ontgin, ons vier jagters en soekers en verkry wat ons kan vanuit ons eie kruie en groente tuine.

Expat Explore Travel

Expat Explore is een van Europa se vooraanstaande toeroperateurs en hulle begelei al vir meer as 13 jaar lank geleide toere regoor die wêreld. Hul missie is om die reisgeleentheid pret, gemaklik en bekostigbaar te maak vir reisigers van regoor die wêreld. Hulle het ‘n seleksie van meer as 60 toerplanne wat bestemmings oor Europa, Noord-Amerika, Afrika, Suidoos-Asië en die Midde-Ooste insluit.

African Treasures

African Treasures het begin uit ‘n liefde vir Afrika deur ‘n Suid-Afrikaner wat haarself in die VK gaan vestig het. Dit is ‘n aanlynwinkel wat produkte van kunstenaars uit Afrika verkoop en ook helder kleure en teksture bekendstel wat in enige moderne, eklektiese en tradisionele binnenshuise omgewing sal pas. Van ons produkte word ook as deel van liefdadigheidsprojekte verkoop

Out of Africa Restaurant and Kudu Bar

Out of Africa is in 1995 gestig deur Suid-Afrikaners, Dave en Debby Solomon. Die outentieke disse en lewendige swembad atmosfeer maak dit ‘n moet-sien bestemming in Kuala Lumpur.

Simply Saffa

Suid-Afrikaanse T-hemde! Wees ‘n duidelike baken vir ander Suid-Afrikaners in die buiteland! Hulle sal na jou toe kom soos motte na ‘n (braaivleis-) vuur!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest