Leesvordering:

Oorweeg jy om Airbnb vir jou volgende vakansie te gebruik? Lees éérs hier!

Apr 24, 2019

Met meer as 1,5 miljoen verblyfopsies in 34 000 stede wêreldwyd, is Airbnb vir duisende wat die wêreld vol toer die populêrste alternatief vir hotelle. As jy beplan om jou volgende bespreking deur Airbnb te doen, is jy in goeie geselskap. Maar eers moet jy weet hoe om Airbnb werklik te benut.

Om mee te begin, is dit belangrik om die area waar jy wil bly so spesifiek as moontlik in die soekfunksie in te voer. Filter dan jou opsies verder deur te kies of jy ’n hele plek vir jouself wil hê, slegs ’n kamer benodig, ’n hotelkamer wil hê, of bereid is om in ’n gedeelde spasie of kamer te bly. Verfyn jou soektog verder deur aan te dui of jy vir werk of plesier toer, en ook hoeveel slaapkamers jy benodig, of jy ’n plek met ’n swembad wil hê en selfs of ontbyt ingesluit moet wees. Sodra jy relevante verblyfopsies voor jou het, is dit tyd om te kies. Hier is vier wenke om te verseker jy kies die beste verblyf!

Kies ’n supergasheer

’n Klinkklare wenresep is om ’n gasheer te kies wat superstatus op Airbnb het. Dit beteken die gasheer het goeie verwysings en is ervare in gaste ontvang en voorsien in hulle behoeftes. Loer ook na die verwysings van die verblyf wat jy oorweeg om te weet wat jy van jou gasheer kan verwag. Wil jy privaatheid hê of ’n gasheer wat jou kan ontvang en in die stad rondwys? Ander se kommentaar sal duidelik wys of die gasheer aktief in gaste belangstel of hulle privaatheid gee.

Min foto’s, min verwagtinge

Gashere wat min foto’s van die verblyf op Airbnb plaas, is altyd ’n groter risiko as ’n plek met baie foto’s. Foto’s wys nie net dat die gasheer aktief op Airbnb is nie, maar help jou ook om die spasie en aanbieding beter te verstaan. Jy wil nie teleurgesteld wees as jy daar kom nie. As daar nie ’n foto van die braai-area is nie, dan is daar tien teen een nie een nie. As jy net ’n stort op die foto’s sien en nie ’n bad nie, is daar waarskynlik nie een nie. Om seker te maak die verblyf voldoen aan al jou vereistes, kies een met genoeg foto’s!

Vra en vir jou sal gegee word

Dis ’n goeie idee om die gasheer uit te vra oor alles waaroor jy onseker is. Is daar openbare vervoer naby? Hoe ver is die naaste restaurant? Is dit ’n besige of stil area? Moenie huiwer om vir die gasheer ’n boodskap te stuur nie. Dit sal boonop wys of die gasheer vinnig reageer, wat weer eens aandui of hy/sy aktief is op Airbnb. As jy baie van ’n plek hou, kan jy ook vra vir afslag. Verduidelik bloot dat die plek meer as jou begroting is, maar dat jy graag daar sal wil bly. Die gasheer kan dalk net jou versoek toestaan.

Moenie tyd mors nie, doen ’n kitsbespreking

Airbnb gee jou ook die opsie om plasings te filter vir verblyf wat onmiddellik bespreek kan word sonder om eers vir bevestiging te wag. Die normale prosedure is dat die gasheer eers jou profiel versoek en nagaan voordat die bespreking bevestig word. Talle gashere dui egter aan dat jy die plek sommer dadelik finaal kan bespreek. Deur ’n kitsbespreking te doen, vermy jy die heen en weer stuur van boodskappe en kan jy onmiddellik verseker wees van jou bespreking.

Airbnb is ’n betroubare platform, en gashere is afhanklik van goeie graderings. Jy kan met gemak jou bespreking maak. Die meeste verblyfopsies is buigbaar met kansellasies en laat jou toe om tot 48 uur voor jou aankoms nog sonder koste te kanselleer.

Hoop jy is nou gereed vir jou eerste bespreking op Airbnb!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest