Leesvordering:

Kraal Uitgewers: Waar “broodnodige” geskiedenis lééf

Apr 25, 2019

“Boeke is soos brood en moet soos brood behandel word.” Dié woorde van die Afrikaanse akademikus en oudredakteur van die Tydskrif vir Letterkunde, Elize Botha, bevat ’n “broodnodige” waarheid. Ja, die mens kan sekerlik nie van brood alleen leef nie, maar dit is eenvoudig ’n basiese noodsaaklikheid!

Kraal Uitgewers is 20 jaar gelede deur Paul Alberts gestig met die doel om hoëgehalteboeke oor die Anglo-Boereoorlog (met ’n sterk fokus op die foto-erfenis daarvan) te publiseer. Ná dié internasionaal gerekende fotograaf oorlede is, is die uitgewer by die Solidariteit Beweging ingelyf en publiseer reeds sedert 2010 tientalle werke deur vooraanstaande historici en meningsvormers. Afrikanergeskiedenis vorm steeds die kern van die uitgewer se werk, maar die fokus is intussen ook uitgebrei om aktuele publikasies sowel as enkele letterkundige werke en letterkundige ontledings in te sluit.

Militêre kenners, tophistorici, internasionaal gerekende letterkundiges en meningsvormers se boeke is reeds in die afgelope aantal jare deur Kraal Uitgewers gepubliseer. Die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, generaal Jannie Geldenhuys, se boek Ons was daar, dr. Jackie Grobler se bekroonde publikasie Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 en Kill the Boer deur AfriForum se Ernst Roets is enkele van die boeke wat reeds daartoe bygedra het dat die feite oor die Afrikaner se verre verlede, meer onlangse geskiedenis én hede reggestel word.

Kraal Uitgewers se e-winkel maak boonop dit vir lesers in alle uithoeke van die land (én wêreld) moontlik om ’n Kraal-publikasie te koop. Klik hier om die winkel te besoek – maak vandag nog seker dat daar nie “broodgebrek” op jou boekrak is nie!

Lees ook Kraal-skrywer en -redakteur vereer met toptoekennings

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest