Leesvordering:

Dink mooi oor emigrasie

Apr 28, 2019

Die doel van die artikel is nie om oor die meriete van die besluit debat te voer nie. Wat van meer belang is, is om mense te herinner om, indien hulle sou besluit om te emigreer, deeglik te besin en vir alle gebeurlikhede voorsiening te maak.

Vlugtelingstatus

Soms hoor ’n mens gerugte dat skares mense al vlugtelingstatus op grond van gebeure in Suid-Afrika verkry het. Kanada word dan as een van die bestemmingslande genoem. Die feit is dat daar van Januarie 2013 tot September 2017 slegs 32 Suid-Afrikaners was wat vlugtelingstatus verkry het. Dit is bitter min mense. Diegene wat onsuksesvol was, het derduisende rand verloor en sal moeilik in die toekoms na enige bestemming buite Suid-Afrika kan reis, omdat hulle paspoorte nou met die onsuksesvolle aansoek gemerk sal wees wat hulle etiketteer as ’n risiko vir onwettige immigrasie.

Selfs mense wie se aansoeke suksesvol is, het dit nie noodwendig maklik nie. Vlugtelingstatus of asiel is nie ’n kortpad immigrasieproses nie. Dit is bloot ’n vergunning deur ’n ander regering om tydelik (en dit is belangrik) skuiling daar te vind op hierdie regering se voorwaardes tot die situasie waaroor jy gevlug het, verbeter. In sommige lande behels die voorwaardes dat jy in ’n kamp of ander voorgeskrewe behuising moet tuisgaan en nie veel vryheid van beweging het nie. In ander word jou reg om te werk beperk. Plaaslike inwoners is soms baie onvriendelik. Jy mag uiteraard nie veel reis nie en veral nie terug na die land van herkoms gaan nie – nie eens wanneer ’n ouer of kind daar te sterwe kom nie. Les bes, sou die plaaslike regering op enige gegewe oomblik besluit dat dit beter in jou land gaan, mag hulle jou daarheen terugstuur. Jy kry nie outomaties die reg om aan te bly nie, selfs al het jy geen kind, kraai of eiendom meer in die land van herkoms nie.

Dus, vlugtelingstatus is ’n opsie wat net in die mees desperate noodsituasies oorweeg moet word.

Pasop vir goeie nuus, goeie ervarings en goeie raad

Mense wat die groot stap wil neem om permanent na ’n ander land te verhuis, verlaat hulle dikwels op goeie nuus – met rampspoedige gevolge. Goeie nuus van vriende en familie wat reeds elders is, moet objektief beskou word. In die eerste plek is hulle dalk net positief omdat hulle almal tuis die hartseer wil spaar om te weet hulle sukkel. Nou stuur hulle net die mooi foto’s en vertel van die goeie tye. Kyk op die vele Facebookgroepe wat ander mense sê en weeg alle opinies mooi op voor die goeie nuus jou oortuig om te gaan. Onthou ook om hulle geaardhede en belangstellings met jou en jou gesin s’n te vergelyk. As een gesin sportiewe ekstroverte is en die ander leesgierige introverte, gaan hulle dieselfde bestemming uiteenlopend ervaar.

’n Goeie besoek as toeris is ook nie gelyk aan ’n goeie verblyf nie. Vergelyk die temperature, weersomstandighede, endemiese siektes, plaaslike gewoontes en selfs infrastruktuur soos elektrisiteitsvoorsiening en toegang tot die internet.

Goeie raad van diensverskaffers moet ook nie sondermeer aanvaar word nie. Kry verwysings voor duur vir dienste van immigrasiespesialiste betaal word. Daar is baie skurke wat voornemende emigrante uitbuit en omdat die soort bedrog oor grense heen plaasvind, kan hulle selde gevang word.

Sorg vir Plan B

Mense sal nie sommer in die motor spring en van Pretoria af Kaap toe verhuis sonder werk, geld of blyplek in die pyplyn nie. Snaaks genoeg is daar sowaar mense wat so emigreer. Die soort stories het selde ’n gelukkige einde. Sorg vir voldoende geld, werksopsies, blyplek en kennis voor enige tasse gepak word. Mediese noodgevalle, aanpassingsprobleme, gesinskrisisse, egskeidings, veranderde immigrasiewetgewing, skielike werksverlies, natuurrampe of ’n broodwinner se dood kan ’n mens oornag in ’n vreemde land gestrand laat sonder die veiligheidsnetwerk van jarelange vriende en familie. Daar is geen repatriasiefondse of organisasies wat betaal vir gestrandes om na Suid-Afrika terug te keer nie – as jy self nie kan betaal om weer terug te gaan nie, sal geliefdes dalk moet opdok, of jy kan selfs in aanhouding beland. Maak voorsiening vir Plan B – as alles vlot verloop, het jy tog niks verloor nie?

Ten slotte, sorg vir ’n testament wat geldig is in terme van alle lande waar jy bates het of waar jou minderjarige kinders woon. Weer eens is dit min moeite wat baie hartseer kan voorkom.

Slotsom

Migrasie is eie aan ons tyd – die wêreld word kleiner en daar is Suid-Afrikaners in alle uithoeke van die aarde. Min van hulle kom erge teenspoed oor, maar selfs een gestrande Suid-Afrikaner is een te veel, veral as dit iemand na aan jou hart is. Vir mense wat emigrasie oorweeg, is hierdie riglyne hopelik van waarde om beter beplanning te doen en ingeligte besluite te neem.

Navrae oor remigrasie terug na Suid-Afrika kan aan wereldwyd@afriforum.co.za gerig word.

LEES OOK: Migrasie: Hou jou kop in die wolke en jou voete op die grond!

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest