Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Boerseun Biltong

Jul 3, 2019

Indien jy in die buiteland woon en hard aan die knop in jou keel moet sluk wanneer jy terugdink aan aande in die Bosveld met potjiekos wat op die vuur prut, dan is Wêreldwyd se Wêreldgids net wat jy nodig het. Die Wêreldgids sal die verlange huis toe so ’n klein bietjie ligter maak; dis nou nie ’n kampvuur in die Bosveld nie, maar is darem naby genoeg. Elke week kies Wêreldwyd ’n onderneming uit die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Boerseun Biltong in die VSA.

Die “boerseun” agter Boerseun Biltong het vir die eerste keer op ‘n vakansie na Suid-Afrika saam met sy Suid-Afrikaanse meisie biltong geproe en van daar het hy nooit teruggekyk nie! Boerseun Biltong bring die tradisionele Suid-Afrikaanse produk na die jerky-liefhebbers van die VSA om hulle ook van plan te laat verander oor wat die lekkerste is.

Saam met sy Suid-Afrikaanse meisie toer hulle die VSA plat in hulle skoolbus wat nou bekend staan as die Biltong Bus.

Volg hulle avonture op Instagram en Facebook en kyk wanneer hulle dalk naby jou kom stalletjie opslaan sodat jy jou biltong regmakertjie kan kry!

Besoek Boerseun Biltong se Facebook-blad hier

Besoek Boerseun Bitlong se Instagram hier

Besoek Boerseun Biltong se webblad hier

Besoek Boerseun Biltong se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest