Leesvordering:

Boek van die week: ‘n Redelike hoeveelheid moeilikheid

Aug 10, 2019

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger, vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…

Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? Wat van die Russe; waar pas hulle in?

Robert sal enige iets doen om sy vrou op te spoor; hy vermoed immers dat sy bevelvoerder meer van haar weet as wat hy wil voorgee.

Intussen vind die menseslagting by Sharpeville plaas. Robert bevind homself in ’n al hoe groter morele dilemma: Moet hy regtig kies tussen sy geloof en sy werk? Watter keuse sal hom nader aan die waarheid bring rakende sy vrou se verdwyning?

Soos in enige goeie spioenasieverhaal besef die leser en die hoofkarakter gou dat moraliteit vervlietend en vaag is. Ook dat omdraai onmoontlik is wanneer jy reeds die donker aangedurf het.

Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Saam moet hulle Ursula Schreiner, ’n gehate terroris, vastrek.

André Krüger is ’n spioenasieskrywer in ’n ander klas. Dit sit nie in enige ou se broek (of boek) om deur Joan Hambidge geprys te word vir ’n “uitstekende debuut” nie. Sy eerste roman, Die twee lewens van Dieter Ondracek, is in 2013 bekroon met die UJ-prys vir beste debuutwerk.

Oor sy tweede, Komplot, skryf Kerneels Breytenbach: “’n Meevoerende, groots-opgesette roman uit die era van die koue oorlog. Afrikaanse spannings- en spioenasieverhale sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Is jy reg vir ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid?

’n Redelike hoeveelheid moeilikheid

André Krüger

Fiksie

Druknaam: Wenkbrou

9780799395433

R285,00

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Deur J.K. Rowling Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die brieweop die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en...

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest