Leesvordering:

VN-forum: SA-verteenwoordiger val AfriForum-voorlegging met leuens aan  

Nov 29, 2019

Afgevaardigdes van die burgerregte-organisasie AfriForum woon sedert vanoggend die twaalfde sitting van die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland by. Die tema van vanjaar se byeenkoms is “Onderwys, taal en die menseregte van minderhede”.

In haar voorlegging, het Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, kommer uitgespreek oor die feit dat die Grondwet se sogenaamde beskerming van minderheidstale in Suid-Afrika, weens ’n gebrek aan politieke wil, nie geskied nie. Sy het ook genoem dat wanneer howe oor die taalregte van nie-Engelssprekende Suid-Afrikaners moet beslis, uitsprake oorwegend ten gunste van eentalige Engelse taalbeleide is, met argumente van bekostigbaarheid en sosiale samehorigheid.

Laatmiddag het ’n ongeïdentifiseerde verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering met ’n aanval op die voorlegging gereageer. Hy het begin deur te noem dat die Suid-Afrikaanse Grondwet beskou word as een van die beste grondwette in die wêreld. Oor die gebrek aan politieke wil om dit uit te voer, het hy niks gesê nie, maar wel bygevoeg dat Afrikaans ’n minderheidstaal is wat jare lank op leerlinge afgedwing is en dat die regering sedert 1994 die taak het om regstelling te probeer bewerkstellig.

Hy het voorts beweer dat Afrikaans steeds in byna elke skool in die land aangebied word. Verder het hy gesê dat die hofsake waarna AfriForum verwys het, betrekking gehad het op eentalige Afrikaanse skole. Die hofsake waarna AfriForum verwys het, was egter onder meer dié teen die taalbeleide van die Universiteite van die Vrystaat, Suid-Afrika en Stellenbosch waar alle kursusse ewe toeganklik vir Engelssprekende studente was. Voordat sy repliektyd verstryk het, het hy aangevoer dat Afrikaans steeds ’n verpligte skoolvak vir alle matrikulante is.

Dié growwe misleiding van teenwoordiges op ’n internasionale forum is ’n verdere bewys van die regering se vyandige houding jeens Afrikaans. “Verskeie van die teenwoordige taaldeskundiges op die VN se paneel ken gelukkig die feite en neem kennis van die ooglopende poging om die regering se taalregteskendings te verdoesel. Indien AfriForum nog ’n geleentheid vir verdere insette gegee word, sal dit ook onder die meer as driehonderd ander internasionale afgevaardigdes se aandag gebring word,” het Bailey gesê.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest