Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The Whelan

Jan 29, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos kerrie en rys by ’n kerkbasaar. Van biltong en braai tot dokters en motorwerktuigkundiges – hier skep ons ’n netwerk van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings in die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is The Whelan in Atlanta in die VSA.

Vir Suid-Afrikaners is ’n samesmelting van kulture glad nie nuut nie. Ons weet ons resepteboeke sou onvolledig wees sonder bobotie, bredie, vetkoeke en melktert – disse wat ons nie sou geken het as dit nie was vir die smeltpot van kulture wat in Suid-Afrika bymekaargekom het nie. Dit is dus glad nie vreemd om ’n soortgelyke patroon te sien waar Suid-Afrikaners in die buiteland diep spore trap nie.

The Whelan is ’n restaurant in Atlanta waar Amerikaanse gunstelinge ’n Suid-Afrikaanse kinkel kry. Tafelberg pryk op die logo, en Suid-Afrikaners en Amerikaners voel almal welkom hier. Die samesmelting van dié twee kulture kan net kulinêre meesterstukke tot gevolg hê en elke dis word afgerond met ’n glas wyn of bier van jou keuse.

Besoek The Whelan se webtuiste hier.

Besoek The Whelan se profiel op die Wêreldgids hier.

Lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest