Leesvordering:

Beeldskoon podsending: Liewe vriendin in die buiteland

Mar 5, 2020

Liewe vriendin in die buiteland,

Ek weet dit kan nie altyd maklik wees om in ‘n ander land te bly nie, veral waar mense nie noodwendig jou taal praat of jou kultuur en grappies verstaan nie. Ek wil vandag vir jou sê dat jy wel nie alleen is nie.

Ek wil jou uitnooi na die Beeldskoon-familie. Die Beeldskoon Podcast is ‘n platform waar vrouens hulle stories deel, die paaie waarop hulle gestuur word asook die lesse wat hulle geleer het. Ek glo dat ons bemoedig kan word deur na ander se stories te luister en dan besef ons dat ons nie alleen is nie. Daar is wel iemand anders daar buite wat iets soortgelyks deur gegaan het en dat sy aan die ander kant weer uitgekom het. Ons stories bemoedig mekaar, dit vertel iets van ons menswees en dat ons soms deur donker valleie moet loop sodat ons die berg kan uitklim en die mooiste uitsig kan sien op die einde van die dag.

Beeldskoon Podcast is gegrond op geloof en genade van Bo en dit is so lekker om te kan gesels in ons eie taal oor ons menswees en alles van vrouwees. Ek wil jou uitnooi om na die weeklikse episodes te luister en ‘n stukkie van jou huis te ervaar terwyl jy in die verte is.

Jy, liewe vriendin is beeldskoon!

Liefde

Izelle

Gaan luister gerus na die episodes hier:

Spotify: https://open.spotify.com/show/36rC52FZH658v1Og6zLvTs?si=heUwTaTWTdCuCcKP4Vlkww

Soundcloud: https://soundcloud.com/beeldskoon

Apple Podcasts: https://podcasts.apple.com/za/podcast/beeldskoon/id1496148470

Gesels saam op Sosiale Media:

Instagram: https://www.instagram.com/beeldskoon_podcast/?hl=en

Faccebook: https://www.facebook.com/beeldskoonpodcast/

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest