Leesvordering:

Samesweringsteorieë oor die koronavirus: Wat om te glo en wat nie

Mei 20, 2020

’n Onlangse samesweringsteorie wat byna hoofnuus geword het, is dat die koronavirus deur 5G-telekommunikasienetwerke versprei word. In die Verenigde Koninkryk het mense uit vrees begin om selfoontorings te vernietig. Selfs bekendes soos Woody Harrelson en M.I.A. versprei dié vals nuus aan hulle miljoene volgelinge.

Waarom glo mense samesweringsteorieë?

Toevallig is die meeste 5G-netwerktorings in 2019 opgerig – dieselfde jaar as wat die koronavirus begin versprei het. Op die internet toon mense op kaarte aan dat die plekke waar netwerktorings opgerig is, korreleer met die plekke waar die koronavirus die vinnigste versprei (in stedelike gebiede natuurlik). Maar hulle kyk ’n sleutelbeginsel mis: korrelasie is nie gelyk aan ’n oorsaak nie.

Hoe werk samesweringsteorieë?

Samesweringsteorieë verskaf ’n perspektief wat veel eenvoudiger is en op meer konkrete “bewyse” gegrond is as die ware verduidelikings. Mense glo dikwels fopteorieë bloot omdat dit ’n maklike verduideliking vir ’n komplekse probleem verskaf. Politici se volgelinge glo byvoorbeeld makliker hul eenvoudige ekonomiese teorieë as die meer realistiese maar komplekse verduidelikings.

Ten spyte van konkrete bewyse dat geneties gemodifiseerde voedsel (GG-voedsel) nie noodwendig kanker veroorsaak nie, is min Europeërs bereid om dié teorie te laat vaar omdat hulle baie alternatiewe vir GG-voedsel het. Die probleem is dat samesweringsteorieë parallel met die feite kan bestaan. Konkrete studies oor die voordele van organiese kos en byvoorbeeld die korrelasie tussen vleisprodukte en menslike siektes is skaars. Tog kies mense om teorieë met ’n definitiewe gevolgtrekking oor ’n komplekse probleem te glo. Hulle hou nie van lukrake gebeurtenisse nie; alles moet ’n oorsaak en ’n verduideliking hê sodat hulle dit kan verstaan. En dit is wat samesweringsteorieë bied. Ons voel magteloos as ons iets nie verstaan nie, en verkies die bedreiging van ’n bekende vyand bo die onbekende.

Hoe takel ons samesweringsteorieë?

Die mens is gemaak om aan klubs, groepe en gemeenskappe te behoort; dit is ’n basiese menslike behoefte. Die gevaar van samesweringsteorieë is dat ’n gemeenskap se oortuigings hulle nie noodwendig net verhoed om 5G-internet te gebruik nie, maar byvoorbeeld soos in Nigerië en Pakistan ook kan oorreed om nie polio-entstowwe te gebruik nie.

Die oplossing is om komplekse verduidelikings wat waar is meer verteerbaar te maak vir die publiek. As jy met iemand gesels wat vatbaar is vir vreemde teorieë, doen moeite om die probleem op te breek in eenvoudiger, meer verstaanbare konsepte. Metafore en vergelykings kan mense ook help om sin te maak van ’n onbekende krisis.

Wanneer jy iemand van ’n samesweringsteorie wil laat afsien, is dit belangrik om geloofwaardige verwysings te hê vir jou feite: kliniese of wetenskaplike toetse, iemand wat julle beide respekteer se mening, of geloofwaardige nuusartikels.

Hoe herken jy die rooi ligte van ’n samesweringsteorie?

  • ’n Samesweringsteorie berus op net ’n sogenaamde gebeurtenis wat lei na ’n volgende en daarna na nog een. Die basis vir die argument is talle afleidings wat gemaak word, wat nie net tegelykertyd bestaan nie, maar ook van mekaar afhanklik is.
  • Die vyand in die teorie is ’n supermens of -organisasie wat die onmoontlike kan regkry. Mense en organisasies is dikwels minder invloedryk as wat ons dink hulle is, maar iemand wat in ’n samesweringsteorie glo, glo die vyand is tot omtrent enigiets in staat.
  • Die teorie behels gewoonlik dat ’n groot aantal mense moet stilbly en alles in die geheim uitvoer. Hoe meer mense betrokke is, hoe minder geloofwaardig word die teorie en hoe sekerder kan jy wees dat dit ’n samesweringsteorie is.
  • Die teorie voer aan dat ’n sogenaamde vyand beheer oor die wêreld of ’n land wil kry.
  • Die teorie begin met klein, ware gebeurtenisse maar eindig met groot, onwaarskynlike gebeurtenisse.
  • Die een wat die teorie voorhou, weier om enige ander alternatiewe te oorweeg.

Probeer jou mag op sosiale media gebruik om sin te maak van die werklikheid eerder as om iemand anders se eenvoudige teorieë te deel. Dis onwaarskynlik dat ’n probleem wat uit duisende komponente bestaan ’n maklike oplossing sal hê. Die toestand van die wêreldpolitiek, dodelike virusse, oorloë en die wêreldekonomie kan nooit aan net een rede toegeskry

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest