Leesvordering:

Boek van die week: Nagjagter

Aug 8, 2020

Binne ’n oogwink verander die verhoogstuk van ’n Gotiese riller in die werklikheid toe ’n akteur op die verhoog sterf.
Doktor Olaf Demeyer, ’n forensiese profileerder, se wêreld word op sy kop gekeer. Die Goth-subkultuur – eintlik net ’n onskadelike tydverdryf, maar ook die teelaarde vir vampirisme vir die meeste mense – hou ’n groter bedreiging in as wat hy ooit vermoed het.

Iewers loop iemand rond wat nie net Goths op die afskuwelikste wyse “teregstel” nie, maar ook ’n gevaar inhou vir Olaf, sy babaseun en volwasse dogter, asook sy vriendin, adjudant Beth.

Die lyke wat gevind word met ’n houtpen deur die hart en knoffelhuisies in die mond gestop, word meer. Onder die verdagtes tel ’n kultusleier, godsdiensfanatici, ’n versteurde bloeddrinker en verskeie akteurs. Wat Olaf die ergste van stryk bring, is dat die vinger toenemend na sy dogter gewys word. En is sy werklik so onskuldig soos hy tot nou toe gemeen het? Of is daar iemand anders in sy binnekring met bloed aan sy of haar hande?

Nagjagter is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest