Leesvordering:

Gratis virtuele musiek- en woordkunsvertoning oor die Psalms gaan inspireer

Aug 18, 2020

Die teoloog, skrywer en geloofsbegeleier, Dr. Ronell Bezuidenhout bied eerskomende Sondagaand, 23 Augustus 2020 om 19h00 ‘n virtuele musiek- en woordkunsvertoning oor die Psalms in samewerking met die bekroonde sanger, liedjie-skrywer, kabertkunstenaar en kunste-entrepreneur Petronel Baard.

Die vertoning volg nadat Petronel pas ses toonsettings en verwerkings van die Psalms opgeneem en op video vrygestel het.  Die toonsettings is gedoen as deel van Ronell se reeks AlPsalmend, wat bestaan uit 40 dae se mediatiewe dagstukkies, asook ‘n vier weke kursus oor die Psalms.

Petronel het ‘n uitsoekversameling van die Psalm-toonsettings gekies en Ronell het daarna gedigte oor die spesifieke Psalms geskryf wat hulle in ‘n kubervertoning verpak het.

“Generasies heen dink mense oor die Psalms.  Maar dit kan nie net by dink bly nie, want ons moet onthou die Psalms is liedere wat gesing moet word  –  en hoe mooi is dit nie om dit saam met iemand te doen wat die gawe het om dit te toonset nie?  Dit is waarom ek dit saam met Petronel wou doen.Die Psalms is terugskouende geskryf en gesing dat mense kan onthou wat God gedoen het, sodat hulle daarom kan aanhou hoop op wat God gaan doen. Die Psalms is ons geheue,” vertel Ronell.

 

Ronell se gedigte in die vertoning is geïnspireer uit die daaglikse oordenkings wat sy vir die 40-dae reeks geskryf het.  Die reeks bestaan uit 40 daaglikse WhatsApp boodskappe oor die Psalms. Dit word aangevul met musiek-speellyste, daaglikse webwerf- en sosiale media-plasings en ook ‘n vier weke indiepte-kursus oor die Psalms.

 

Die reeks loop vandeesweek tot ‘n einde en dan begin ‘n nuwe reeks “Helende Hoop” oftewel “Hoop wat Heelmaak”.

 

Volgens Petronel is die Psalms ‘n uitdrukking van emosie, en dit is presies wat musiek ook is.  “Elke Psalm het op ‘n manier vir my ‘gesing’ hoe die Psalm wou klink in ‘n toonsetting.  Ook interessant is dat die Psalms weekliks die kleur weerspieël het van die sosiale omstandighede wat ons beleef het,” voeg Petronel by.

 

Petronel en Ronell stel die vertoning Sondagaand, 23 Augustus 2020 om 19h00 gratis op hulle Facebook blaaie vry, maar sal geleentheid vir donasies bied.

 

 

 

Kyk gerus na die video waar Petronel en Ronell oor hulle samewerking en reis “Al Psalmend” op pad na  die kubertvertoning gesels.

https://www.facebook.com/1313944325327919/posts/3156791544376512/

 

Besoek www.petronelbaard.com vir meer inligting.

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/petronelbaardofficial/

Twitter: @PetronelBaard

Instagram: @petronelbaardmusic

Webblad: www.petronelbaard.com

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCKZN7LSwYxmt1wK9I6PgXBA

SoundCloud:  https://soundcloud.com/petronel-baard

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest