Leesvordering:

AfriForum verskyn in hof oor onteiening sonder vergoeding

Sep 16, 2020

AfriForum se hofaansoek teen die parlementêre grondwethersieningskomitee oor die proses wat gevolg is om ondersoek in te stel na ’n moontlike wysiging van die Grondwet, om die deur vir onteiening sonder vergoeding oop te maak, is vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.

Die saak handel oor ’n hofaansoek wat AfriForum reeds in 2018 gebring het oor die proses wat die parlementêre grondwethersieningskomitee begin het om die publiek se insette te kry oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsregklousule). AfriForum het in 2018 aangevoer dat hierdie saak op ’n dringende basis hanteer moet word. In daardie stadium het die hof egter beslis dat dit nie ’n dringende saak is nie en is deel A van die aansoek van die hand gewys. Deel B, wat oor die meriete van die saak handel, is vandeesweek aangehoor.

AfriForum voer aan dat die proses verskeie prosedurele gebreke gehad het, wat tot gevolg het dat die proses as ’t ware ongrondwetlik en nietig verklaar behoort te word. Van die belangrikste prosedurele gebreke sluit in dat daar in 2018 ’n proses gevolg is waarvolgens die publiek mondelingse en skriftelike voorleggings kon lewer oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet. Die oorgrote meerderheid van die publiek se insette was dat die Grondwet nie gewysig moet word nie. Die hersieningskomitee het egter sy funksie om hierdie insette te verreken aan ’n buiteparty uitgekontrakteer, wat bykans 200 000 skriftelike insette verwerp het om ’n aanbeveling te regverdig dat die Grondwet inderdaad gewysig moet word.

“Hierdie proses is ooglopend gebrekkig en kan dus nie as ’n wettige proses beskou word nie. Onteiening sonder vergoeding is ’n beleid wat almal in die land sal raak, ongeag hulle ras of ekonomiese status. Dis vir ons duidelik dat die parlement hier bloot die idee van onteiening sonder vergoeding probeer deurstoomroller ten spyte van die feit dat sy eie proses om die publiek se insette te kry daarop dui dat die publiek nie saamstem dat die Grondwet gewysig moet word nie,” sê Ernst Roets, AfriForum se hoof van Beleid en Aksie.

“Veral in hierdie ekonomiese omstandighede wat ons tans ervaar, moet ons versigtig wees vir vernietigende beleide wat met eiendomsreg peuter, soos onteiening sonder vergoeding,” sluit Roets af.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest