Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Nederkaans

Nov 4, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaners in die buiteland bymekaar om ’n netwerk te skep wat werk. Ondersteun ondernemings in jou omgewing wat deur Suid-Afrikaners besit word.

Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings op die Wêreldgids om in die kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Nederkaans in Nederland.

Meer oor Nederkaans

Nederkaans is ’n Suid-Afrikaanse handelsmerk wat die toonbeeld van styl en gehalte is. Hulle verkoop klere, handsakke, plekmatjies, tafellopers en huisversierings. Al hul ontwerpe is kreatief en verantwoordelik met ’n goeie skeut sonnige, Suid-Afrikaanse houding daarby.

Missie

Entoesiasme, optimisme en beskeidenheid is die kern van die handelsmerk se filosofie. Hierdie positiewe waardes word weerspieël in elke deel van die ontwerp- en vervaardigingsproses, van die verkryging van materiale tot die verantwoordelike produksieproses. Nederkaans wil die beste Suid-Afrikaanse handelsmerk met ’n uitstekende pryswaarde in Nederland wees. Hulle neem markneigings oor kleur, vorm en die gehalte van materiale in ag, en omskep produkte tot ’n modieuse, gemaklike Nederkaans-styl.

Ontmoet die eienaar

Maronel het in 2017 van Suid-Afrika na Nederland verhuis. Ná amper twee jaar in dié pragtige land het sy besluit om ’n Suid-Afrikaanse winkel oop te maak. Haar passie is om te ontwerp en dit is ’n groot deel van haar onderneming. Kontak haar gerus by nederkaans@gmail.com vir enige verpersoonlikte ontwerp.

Besoek Nederkaans se Facebook-blad hier.

Besoek Nederkaans se profiel op die Wêreldgids hier.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lys jou onderneming hier.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest