Leesvordering:

Natuurhoekie – Olifantkalfie verken die Olifantsrivier

Nov 6, 2020

Two-V Productions se André en Kate plaas gereeld video’s van hulle ontmoetings met natuurlewe tydens hulle besoeke aan die Krugerwildtuin.

Hulle skryf: “Tydens een van ons besoeke het ons hierdie baba-olifantjie en haar ma raakgeloop. Sy was baie huiwerig om haar ma in die water te volg by die brug oor die Olifantsrivier en het ’n paar keer gefrustreerd omgedraai. Eers is sy na ’n rotsagtige deel van die oewer geneem wat sy moes oorsteek voordat sy die water bereik het, alles deel van haar leerkurwe. Die beweging van haar slurpie en haar liggaamstaal vertel van haar inspanning. In ’n stadium het haar aandag ook afgedwaal en het sy ’n bontkwikkie verjaag. Kort daarna het ’n ander olifantkoei met ’n ietwat groter kalf opgedaag, waarna die kleintjie haar ma vinnig moes volg. Kyk hoe die kleintjie haar pote optel en haar stert lig, aanvanklik nie baie gelukkig nie, maar later groei haar selfvertroue en kan ’n mens sien dat sy die ervaring geniet.”

Al die geluide wat julle in hierdie en André en Kate se ander video’s hoor, is die oorspronklike klanke. Teken gerus in op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions en gaan hou van hulle Facebookblad [https://web.facebook.com/OpVlerke]. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word [https://www.kraaluitgewers.co.za]. Dit is ook by die winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Let wel dat die boeke slegs in Afrikaans beskikbaar is.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest