Leesvordering:

Uitgespoeg

Nov 2, 2021

Vannag draai ons alweer die horlosies ‘n uur terug.  Die son kom van môre af dan weer bietjie vroeër op, maar loop kruip ook weer heelwat vroeër in.

Daar was ‘n hengse storm deur die nag en ek word wakker van reën wat in emmers stort, die wind pluk-pluk aan die bome.  Die laaste paar weke al is dit nog donker as ek my stiltetyd hou.  Vanuit my klein eerste-verdieping bidkamer, het die bome oorkant die park feitlik oornag verdwyn… perfek gekamoefleer teen die nagdonker daaragter.

Vanoggend staan ek egter bietjie later op en ek is sommer verbaas om hulle weer raak te sien, plek-plek nog groen, afgeëts teen die knerswit van die koue-wolke. 

Sal dit nie ook maar wees wat vrees met ons maak nie?  Dit wil ons in die donker hou, sodat ons nie die hemelwonders oral om ons kan sien nie.

“All men receive blessing from God, and as a consequence owe Him thanks. 
Of the gratitude due, however, they fall far short. 

Some good things come anonymously, and are thus received unthankfully. 
Other good things, God's free gifts, are traced to some earthly source, 
and so produce no thankful feeling. 
And then the multitude of life's mercies, so obviously Divine,
 are yet so common that their origin is forgotten, 
and they are received as a matter of course.”

J.E. Henry

Nes daardie bome.

Vanoggend gaan die kommentator een tree verder en my hart ruk: 

Daar is geen ondankbare Christene nie. 

Binne-in die hart wat geseën is met waaragtige redding,  

brand die onblusbare vlam van dankbare diens,

waar en wanneer ookal.

Jona se loflied, sy dankbaarheidspsalm vanuit diep in die donker draaie van die vis se binneste in hoofstuk 2, eindig met hierdie woorde:

“The Lord commanded the fish to vomit up Jonah on the shore.

And it did.”

Jonah 2:10 CEV

En ek wonder…

Is ek nog dankbaar vir die toevallige seëninge op my pad, die oorvloed natuurwonders wat perfek inmekaar pas en die ontelbare daaglikse wonderwerke om my en in my?

Niks het verander net omdat dit donker geword het nie.

En wanneer ek geleer het om dankbaar te wees binne-in die diepste donker,

sal die vis my uitspoeg, soos hy beveel word.

Na daar waar dit lig is.

Jou inspirasie vir die week:   God You are

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest