Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Wees Onmisbaar

Nov 22, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Wees Onmisbaar in Nederland.

Wat as ’n stokperdjie begin het, het ’n pragtige reis geword wat my die geleentheid gegee het om oorbelle maak vir ongelooflike vroue regoor Nederland. Die kern van hierdie klein besigheid en van my hart is om jou regtig te inspireer en jou so pragtig te laat voel soos wat jy geskape is.

Elke stuk word sorgvuldig handgemaak met spesiale aandag wat aan detail gegee word, terwyl die natuurlike onvolmaaktheid daarvan omhels word. Dit is my passie om items van baie goeie gehalte te skep wat elegant, verfynd, minimalisties en uniek genoeg is om ’n stelling te maak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Deur J.K. Rowling Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die brieweop die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en...

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest