Leesvordering:

AfriForum: Plaasmoordenaars moet swaar gestraf word

Jan 26, 2022

AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets, het vandag ’n beroep op die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein gedoen dat plaasmoordenaars swaar gestraf moet word vir dié grumisdade. Dit het deel gevorm van Roets se deskundige getuienis oor plaasmoorde tydens die moordsaak van Sakkie (67) en Ina (62) van den Berg. Die slagoffers is in 2019 op hul plaas naby Boshof in die Vrystaat vermoor. Roets is deur die aanklaer in hierdie saak genader om te getuig oor die omvang van plaasaanvalle en -moorde en die impak daarvan op gemeenskappe, families en die samelewing in die algemeen.

Al vier beskuldigdes in hierdie saak, Johannes Sekgoro, Thami Terence Kat, Leepile Daniel Sidasi en Daniel Tsekiso Seloane, is vroeër vandeesweek skuldig bevind aan moord en roof met verswarende omstandighede. Twee van die beskuldigdes (Kat en Seloane) is ook skuldig bevind vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

In sy getuienis het Roets verduidelik dat plaasaanvalle en -moorde reeds in teorie as prioriteitsmisdade geag word aangesien dit as sodanig deur die voormalige Nasionale Polisiekommissaris Khomotso Phahlane, sowel as die huidige Minister van Polisie, Bheki Cele, verklaar is. Roets het egter verduidelik dat hierdie misdaadverskynsel nie in praktyk as prioriteitsmisdaad beskryf kan word nie aangesien die toepaslike teenstrategie nie geïmplementeer is nie. Teen hierdie agtergrond is Roets se beroep op die hof dat die hof sy rol moet speel in die prioritisering van hierdie aanvalle en moorde deur die oortreders swaar te straf.

“Om hierdie oortreders swaar te straf is ’n noodsaaklike stap om die boodskap dat geregtigheid geskied het aan die gemeenskap en families van hierdie slagoffers oor te dra. Dit sal ook ander oortreders daarvan afskrik om soortgelyke misdade te beplan,” sê Roets.

“Plaasmoorde affekteer nie net die onmiddellike familie van die oorledenes nie, maar ook die samelewing in die algemeen. Plase is die lewensbloed van landelike gemeenskappe. Wanneer ons dus ons boere verloor, gaan ons landelike gemeenskappe ook verlore,” sluit Roets af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest