Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Kanada

Jan 16, 2023

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Kanada wat julle kan ondersteun.

Auburn Koi

Dit is ’n platform waar Suid-Afrikaanse tradisies Kanadese kultuur ontmoet – van juwele en klere tot die skep van jou eie geskenkbokse. Lees meer.

Bokkie’s Biltong

Ons is ’n provinsiaal gelisensieerde slaghuis en vleisprosesseringsfasiliteit in Barrie, Ontario. Ons spesialiseer in Suid-Afrikaans geïnspireerde, gras gevoerde bees-jerky, wildsvleis en plaasvars plaaslik geproduseerde Ontario-vleis. Lees meer.

Boabab

Ons voer pragtige, eg Suid Afrikaanse produkte in en verkoop dit aanlyn in Kanada en die VSA. Ons streef veral daarna om werkskepping en klein sakeondernemings in Suid-Afrika te ondersteun. Ons maak ook graag geskenkbokse vir mense wat vir hul geliefdes hier aan die anderkant van die see iets wil stuur, maar ons bring ook bietjie bederf aan enigiemand wat hulself wil bederf met iets wat hul na aan die hart lê. Ons troos verlange met vellies tot tafeldoeke met proteapatrone. Lees meer.

Aubergine Foods

Aubergine Foods is jou bron vir Suid-Afrikaanse trooskos, plaaslike produkte en organiese kruideniersware. Lees meer.

LEES OOK: Wêreldgids in fokus: Verenigde State van Amerika

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest