Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 31 Maart 2022

Mar 31, 2022

Hiermee die nuutste AfriForum Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Emigrasie: Help jou kinders só om aan te pas

Kate Berger, kindersielkundige, sê kommunikasie is die hoeksteen van enige gesin wat in ’n nuwe omgewing moet aanpas. Dit beteken dat jy met jou kinders sal moet gesels oor wat hul vrese is en waarna hulle uitsien. Dit beteken ook dat jy voor die skuif al moeilike gesprekke oor die realiteite van die trek moet hê.

Hoe om ’n skool in Australië te kies: Wenke deur ’n kenner

Vandag se onderwerp is veral belangrik – hoe om ’n skool te kies. Dit is iets waaroor ek baie entoesiasties is, en ek weet vir baie ouers is dit een van hul grootste bekommernisse as hulle internasionaal verhuis: die kinders!

  • Hoe gaan my kinders hul plek vind in Australië?
  • Wat is die Australiese kurrikulum?
  • Hoe vergelyk die Australiese skole met ons s’n?

Dubbelbelastingooreenkomste / Bilaterale verligting

’n Dubbelbelastingooreenkoms is ’n ooreenkoms wat tussen twee lande aangegaan word waarin hulle ooreenkom op die wyse waarop verskillende soorte inkomste en kapitaalwinste belas word. Die hoofdoel van die ooreenkoms is om dubbele belasting te verhoed, met ander woorde, dat dieselfde bedrag nie in albei lande belas word nie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest