Leesvordering:

Dieper

Apr 29, 2022

Dit was net na 08:00 een oggend hierdie week toe ek myself êrens op die A5 noorde toe bevind, my eerste stop vir die dag reeds gemaak. Oral langs die hoofweë is daar plek waar vragmotorbestuurders kan aftrek om ’n uiltjie te knip, maar teen hierdie tyd van die oggend is meeste van hulle reeds verlate, hulle drywers moontlik op soek na hulle eerste koffiestop om die dag mee te begin.

Behalwe vir hierdie een plek. Soos wat ek aangery kom, herken ek reeds die babablou Amazon Prime-trok en onwillekeurig gee my Suid-Afrikaanse hart ’n effense ruk … Die yslike staaldeure staan wawyd oop en agterin is die wa dolleeg.

Kaping?
Gewapende roof?

“Nee”, kom wikkel my Britse brein hom in my selfgesprek in. “As die trokdrywers die deure oop los sodat wie ook al kan sien daar is niks van waarde binne-in nie, kry hulle (die drywers) hopelik ’n goeie nagrus.”

Ek kan nie help om te dink dat daar tye is dat leeg wees beter is as vol wees nie.
Leeg van afguns, angstigheid, venyn, onvergewensgesindheid, bitterheid …

Want sodra die vyand sien dat ek ’n wavrag van hierdie goed het, kan hy dit teen my gebruik om my te laat verstaan dat die Here nie plek het aan sy tafel vir iemand so sondebelaai soos ek nie.

Maar as ek gereeld my vrag gaan leegmaak – dit sélf by die Here se voete gaan neersit – ontneem ek die verpesting nie net die genot wat hy uit my verleentheid sou kry nie, maar bely ek terselfdertyd saam met elke vrag wat ek aflaai dat ek my uitnodiging na sy feestafel met dankbaarheid aanvaar.

Daardie vragmotor het heel moontlik ’n nuwe vrag optel nog voor sy eerste garage-pie-middagete.

Soos die Engelse spreekwoord sê: “Nothing is certain but death and taxes.”
En sonde.

Solank ons aan hierdie kant van die hemel is, sal die duiwel dit gedurigdeur gebruik om ’n wig tussen ons en ons God in te skuif. Of ten minste probeer gebruik.

Daar is ’n teenvoeter hiervoor:

as julle my woorde hoor en dit nie doen nie, is julle regtig dom.

Dan is julle lewens op ’n hoop sand gebou.

Wanneer die reëns en die storms oor julle losbreek,

sal julle lewens uiteindelik inmekaarstort.”

Matteus 7:26-27 (Die Boodskap)

’n Gesellige kuier om koffie en ’n paar oop Bybels terwyl ons in gebed intree vir mekaar is ’n troos. Wanneer daardie selfde gesprekke oorloop in my lewe buitekant my binnekring, dan word dit ’n skild en ’n swaard en terselfdertyd ook die fondasie van ’n dieper geloof.

Maak leeg.
Skud die stof van jou voete af.
Daar is dieper dinge wat wag.

Jou inspirasie vir die week: God is on the move

LEES OOK: Weglaatbaar klein

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest