Leesvordering:

Weglaatbaar klein

Apr 19, 2022

If God gives you tomorrow,
He will also give you what tomorrow
requires
[needs]
[necessitates]
[demands]

“Give your entire attention to what God is doing right now,
and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow.
God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.”
Matt 6:34 The Message

Dit was weer onlangs Palmsondag en vanoggend is hierdie die refrein wat in my hart opspring. Ek is nie nou besig met die lydensweek-Bybelteks nie. Inteendeel – ek is trek nou maar eers by Mattheus 6 waar Jesus besig is met die Bergrede en daar waar die eerste wavrag vol wysheid so sonder voorbehoud vir die mense gebied word om van te drink en versadig te word.

Maar selfs daar het Palmsondag reeds bestaan.
Was dit reeds deel van sy geskiedenis op aarde.
Dieselfde mense wat hulle plakkies voos sou loop agter Hom aan, sou drie jaar later meegesleur word deur die menigtes en hulle kruisie op ’n ander plek gaan trek.

Steeds het dit Hom nie gekeer om mense te help en te genees en te troos en te leer nie.

Jesus het nie een aks afgewyk van sy missie op aarde nie.

Nie toe die skares gejuig het nie, en ook nie toe hulle Hom wou doodmaak nie.

Ek dink dat ons soms kritiek met ’n bietjie sout moet neem, maar lof met nog bietjie meer! Want ons kan so maklik rondgepluk word deur openbare opinies. Soms beïnvloed dit net ons daaglikse vreugde, soms het dit die vermoë om ’n ingrypende verandering op ons roetekaart te maak. Weg van die skat wat spesifiek bedoel was vir ons om te vind.

“As He made His entrance into Jerusalem, the whole city was shaken.
Unnerved, people were asking: ‘What’s going on here? Who is this?’”
Matthew 21:10 The Message

Markus onthou dit anders:

“He entered Jerusalem, then entered the Temple.
He looked around.
Taking it all in.”
Mark 11:11 The Message

Twee van Jesus se naastes. Twee uiteenlopende “onthoue”.
Een God vir beide.

Ek hoef nie my 70+ hoeveel kilogram in my buurvrou se koekiedrukkerpatroon in te forseer nie.
Ek hoef nie my dagboek vol te maak met mini-doelwitte wat vir jou (maar nie vir my) bedoel is nie.
Ek hoef myself nie af te merk vir mylpale wat ek nooit bedoel was om te bereik nie.

Sy plan vir my is myne.
En sy plan vir jou is joune.
Wat die wêreld daarvan dink is eintlik weglaatbaar klein.

Jou inspirasie vir die week: This is the day

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest