Leesvordering:

AfriForum doen ’n beroep op buitelandse media om die gevaar waarin Suid-Afrikaanse minderhede verkeer te erken, versterk sy #DieWêreldMoetWeet-veldtog

Mei 17, 2022

Die Suid-Afrikaanse burgerregteorganisasie AfriForum het ’n beroep op internasionale media gedoen om te erken dat minderheidsgroepe in Suid-Afrika ernstig bedreig word deur diskriminerende beleide, gewelddadige plaasaanvalle en -moorde, grondbesettings en haatspraak. Dit volg nadat ’n storie getiteld “How Tucker Carlson Reshaped Fox News – and Became Trump’s Heir” onlangs in die New York Times gepubliseer is. Dié storie verwys minagtend na AfriForum en sy veldtogte om die wêreld bewus te maak van plaasmoorde en dat die regering eiendomsreg in Suid-Afrika bedreig.

AfriForum het gevra dat die koerant sekere feitefoute met betrekking tot Suid-Afrika regstel, maar is deur die publikasie in kennis gestel dat hulle besluit het om nie AfriForum se reaksie op die artikel te publiseer nie.

In die lig van spesifiek internasionale nuusblaaie se oënskynlik onverskillige houding, versterk AfriForum sy #DieWêreldMoetWeet-veldtog om die wêreld bewus te maak van die situasie in Suid-Afrika. Die veldtog sluit die publikasie van bygewerkte, gedetailleerde verslae oor die situasie in Suid-Afrika in asook internasionale bewusmakingstoere en projekte in samewerking met internasionale rolspelers.

Amptelike data wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vrygestel is, dui daarop dat ongeveer twee plaasaanvalle per dag en ongeveer twee plaasmoorde per week oor ’n tydperk van twee dekades in Suid-Afrika aangemeld is. Grondbesettings het ook ’n daaglikse werklikheid in Suid-Afrika geword, met meer as ’n duisend sulke invalle slegs in die Wes-Kaap in minder as ’n jaar. Meer as 100 wette verskans tans rassekategorisering en diskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika. Tydens die Covid-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse regering byvoorbeeld aangekondig dat die staat by voorkeur ondernemings in swart besit sal ondersteun – ’n beleid wat selfs deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria gekondoneer is.

Ten spyte van hierdie realiteite het AfriForum kennis geneem van internasionale nuusblaaie wat verkeerde inligting of regeringspropaganda oor die lot van minderhede in Suid-Afrika versprei in ’n oënskynlike poging om in hul eie plaaslike politieke arenas houe aan hul opponente uit te deel. Die onlangse artikel in die New York Times is ’n voorbeeld hiervan. Daarin word beweer die pleidooi dat die Suid-Afrikaanse regering plaasmoorde moet prioritiseer is die werk van “neo-Nazi”-randgroepe.

AfriForum het meer as 300 000 lede wat maandeliks tot sy werk bydra, meer as 10 000 vrywilligers wat aktief betrokke is by sy plaaslike takke en veiligheidsnetwerke in gemeenskappe, en meer as 200 werknemers. Die organisasie het herhaaldelik ferm standpunt ingeneem teen wit nasionalisme en die vernietigende optrede van sekere randgroepe. Ten spyte daarvan het AfriForum met kommer kennis geneem van bepaalde internasionale nuusblaaie se smeerveldtogte wat sy veldtogte afmaak as die werk van randgroepe wat nie ernstig opgeneem behoort te word nie. Die organisasie het ook opgemerk dat sommige van hierdie nuusblaaie nie bereid is om artikels te publiseer om vals bewerings te korrigeer nie en ook nie diegene wat verkeerd uitgebeeld is, wil toelaat om op daardie vals berigte te antwoord nie.

“Dit is hoekom dit vir AfriForum so belangrik is om aan te hou om die waarheid oor Suid-Afrika te vertel,”

sê Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum.

“Ons veldtog is daarop gerig om bewustheid te kweek en saam met geloofwaardige rolspelers te werk om die lot van minderheidsgroepe in Suid-Afrika te verbeter. Ons verwag nie van die internasionale gemeenskap om Suid-Afrika se probleme namens ons op te los nie. Ons dring egter daarop aan dat die internasionale media die waarheid moet vertel, foute regstel en objektief verslag doen.”

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Deur J.K. Rowling Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die brieweop die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en...

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest