Leesvordering:

Dankie tog vir Darren se pasteie! 

Jun 28, 2022

Deur Ira van der Merwe

As ek geweet het dat ek vir bykans ’n dekade lank nie ’n vleispasteitjie sou kon eet nie, sou my laaste een verseker nie ’n garage-pie gewees het nie. (Jy weet, die tipe waarvoor jy Rennie vir nagereg moet suig om jou van die hewige hel van sooibrand te verlos.)

As Suid-Afrikaner kan ’n mens jou nie voorstel dat dit iets is wat jy in die buiteland gaan mis nie; dat dit iets eie is aan die Britse kultuur en lande met ’n Britse erfenis. Die pasteie wat ek in my laaste klomp gasheerlande verslind het, was elkeen soet en vol vrugte – nie ’n stukkie vleis in sig nie! Hier kan jy peperbiefstukpastei op jou magie skryf en met jou hempie afvee, sê ek altyd. 

In my tiende jaar in die vreemde kom Darren Greysmark uiteindelik tot my redding. Sy onderneming in Warskou, Pole, met die kennelik Suid-Afrikaanse naam Ke Nako Foods lewer die heerlikste tuisgemaakte pasteie landswyd by jou deur af – boonop met Mrs Balls! Hulle verkoop natuurlik ook biltong, droëwors en boerewors. En daar wag ’n paar aangename verrassings op hul tuisblad, soos mieliepap en selfs Fizzers!

Ja, ja, ek weet ek kan self pasteie bak. Maar jy weet mos hoeveel beter iets smaak as jy nie self voor die stoof gesloof het nie. Meer nog: Dis my tweemaandelikse bederf, vir die dae wanneer ek ’n mammabreek nodig het. Ek pluk bloot die vrieskasdeur oop, gooi slaai op ’n bord en roep vir Miesies Balls – kos vir ’n koning, sonder skottelgoed!

As jy jouself in Warskou bevind en jy kan jou lus vir ’n vleispasteitjie of boereworsrol nie langer inhou nie, gaan maak oor naweke ’n draai by hul kostrokkie. Gaan ontmoet die Kapenaar en sy bobaasspan persoonlik.

Meer oor die outeur

Ira van der Merwe

Ira van der Merwe hop al vir meer as ‘n dekade in die buiteland rond. Met houtskool in die hand deel sy haar land met die wêreld. En met ‘n pen in die ander deel sy die humor in die vreemde met haar eie mense. Met Afrika-diere bedags en grappies skryf snags, verwerk Ira die hoogte- en laagtepunte van lewe in die vreemde.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest