Leesvordering:

Die Lekkerbek Basaar in Brisbane is vir oud en jonk

Sep 21, 2022

Die Brisbane Afrikaanse Kerk het op 27 Augustus hul jaarlikse Lekkerbek Basaar gehou en het weereens nie teleurgestel nie. Dit was ’n dag vol pret, plesier en baie om te eet. Mense kon smul aan heerlike eg Suid-Afrikaanse geregte soos sosaties, boereworsrolle, vetkoek, kerrie en rys en natuurlik almal se gunsteling, pannekoek! Daar was ook tuisgebakte soetgoed te kus en te keur, soos die heerlikste koeksisters.

Die grootste aktiwiteit vir die volwassenes was om met mekaar te kuier. Gazebos met stoele was oor die hele terrein uitgepak en mense kon heerlik sit en gesels. Vir die kinders was daar aktiwiteite soos pyl-en-boog-skiet, muntstukke deur gaatjies gooi, gesigverf en nog vele meer.

Ons eerste doel met die basaar is om mense in die wyer Brisbane ’n geleentheid te gee om saam te kuier. Hier is heelwat Suid-Afrikaners wat aan ander Engelse kerke behoort of aan geen kerk en die basaar gee hulle die geleentheid om mense buite hul gemeente of leefwêreld te leer ken. Van die fondse word aangewend vir liefdadigheid, plaaslik en ook in Suid-Afrika.

Die Lekkerbek Basaar is ’n jaarlikse instelling en die Brisbane Afrikaanse Kerk bied ook’n skaapbraai, potjiekoskompetisie en ’n gholfdag aan.Die kerk se eredienste vind elke Sondag om 08:30 vanuit die Sewendedagse Adventistekerkgebou in Londonstraat 15, Eight Mile Plains plaas. Julle kan ons ook volg op Facebook of BAK se webtuiste.

Dit is vir ons as gemeente ’n voorreg om naas ons eintlike doel – naamlik om mense van ons wonderlike Verlosser, Jesus, te vertel – ook ’n rol te speel in die Afrikaanse gemeenskap in Brisbane. Ons gebed is dat mense opnuut geïnspireer sal wees om die Here te dien wanneer hulle betrokke raak by hierdie sosiale geleenthede.  

’n Groot dank aan ons borge wat die dag moontlik gemaak het: Home Loans in Aus en AfriForum Wêreldwyd. Ondersteun hulle asseblief. Dankie aan almal wat die stalletjies beman het en ook aan almal wat die dag bygewoon het. Volgende jaar maak ons weer so!

Groete
Brisbane Afrikaanse Kerk

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest