Leesvordering:

Kersfeesvieringe in Sydney, Australië in 2022

Des 1, 2022

Deur Jeannie van Zyl

Ek en Kieran neem op 17 Desember deel aan ons kerk se Kerskonsert. Ons voer The birth of Jesus Christ op saam met ander vrywilligers in ons gemeente. Ons nooi almal in ons gemeenskap. Dit is gratis om by te woon en ons voorsien aandete vir almal wat RSVP. Dit was vanjaar op een van ons medelidmate se hart, so dit is iets spesiaal en nuut vir ons. Klik hier vir meer inligting.

Hillsong Kerk hou jaarliks ’n groot “Christmas Spectacular” en dit is vanjaar van 17 tot 18 Desember. Klik hier vir meer inligting.

In Sydney is daar ontsaglik baie feestelikhede, konserte, markte, liggies en dies meer, maar dis hoofsaaklik sekulêr van aard. Die enigste werklike Christelike element wat City of Sydney (die paar voorstede rondom Sydney CBD se munisipaliteit) aanbied as deel van Sydney Christmas, is die Nativity Scene buite die St Mary’s Katedraal. Daar is entoesiaste met groot liggievertonings regoor die grote stad – ’n mens kan jaarliks kaarte met hoogtepunte vind, bv.: https://www.ellaslist.com.au/articles/where-to-see-christmas-lights-in-the-suburbs.

Laastens sien ons uit na twee geleenthede in Desember waar ons ander Suid-Afrikaanse mense gaan sien:

Is daar enige feestelikhede, konserte of markte in jou omgewing? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest