Leesvordering:

AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings

Jan 24, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.

Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering  om meer onafhanklik van Eskom te word. Dit behels ook voortgesette hofaksies teen die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) wat ondanks fase 6-beurtkrag ’n elektrisiteitsverhoging vir verbruikers aangekondig het.

“Projek AfriEnergie is ’n breë elektrisiteitsplan wat vloei uit die besef dat die staat en Eskom nie meer in staat is om krag aan die land te voorsien nie. Ons kan nie langer toekyk hoe die land weens die kragkrisis tot niet gaan nie. AfriForum gaan ’n rol speel om beleggings en kundigheid bymekaar te bring om na ’n veelheid van oplossings en modelle te kyk.

“Die desentralisering van elektrisiteit is van kritiese belang en ons sal met alle rolspelers saamwerk om die doelwitte te bereik,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Johan Kruger, AfriForum se hoof van Gemeenskapselfstandigheid, het die ander fases van die plan toegelig.

Fase 2: Dorpe, stede en gemeenskappe moet gehelp word om druk op plaaslike regerings te plaas om hulle vry te maak van elektrisiteit wat deur munisipaliteite verkoop word. Die model wat die private maatskappy Rural Free State in die Mafube-distrik in die Vrystaat met sukses gebruik, sal verder nagevors word. Dié maatskappy het tien jaar gelede die bestuur van elektrisiteit in vier dorpe suksesvol oorgeneem.

Fase 3: Dit is die langtermynbeen van die plan waar daar na die moontlikhede van kernkrag en die inspan van kernenergie-oplossings gekyk word. Omvattende navorsing is egter nog hiervoor nodig.

“Met fase een is dit vir AfriForum noodsaaklik dat verbruikers die basiese beginsels moet verstaan oor wat in die mark beskikbaar is. Hulle moet op ’n verantwoordelike wyse te werk kan gaan om kostedoeltreffende oplossings vir hul kragprobleme te kry. Verskillende verbruikers in die residensiële, kommersiële en industriële sektor het almal verskillende behoeftes. Met die gids wat AfriForum vandag vrystel, fokus ons op bruikbare inligting oor waarvoor om in die mark uit te kyk en hoe om na doeltreffende diensverskaffers te soek,” sê Kruger

Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir Plaaslikeregeringsake, sê AfriForum sal regstappe neem om Nersa se besluit vir ’n tariefverhoging te hersien.  Die eerste stap sal wees om redes te versoek om hierdie besluit te regverdig. “Ons bly ook met ons regspan in gesprek ten opsigte van litigasie wat daarop gemik is om die energiesektor van Suid-Afrika te desentraliseer.”

Klik hier vir meer inligting.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest