Leesvordering:

AfriForum aan Ramaphosa oor plaasmoorde: “Stilbly, ontken en niksdoen moet end kry!”

Okt 12, 2023

AfriForum lê eie veiligheidstrategie vir plase voor aan president

Die regering se ontkenning van, stilte oor en niksdoen aan plaasmoorde moet end kry, sê AfriForum in ’n memorandum wat vandag aan president Cyril Ramaphosa in Pretoria oorhandig is. In dié memorandum stel die burgerregteorganisasie die bittere feite rakende die realiteit van plaasmoorde duidelik, wys op die regering se dwase ontkenning van die krisis en stel AfriForum se eie oplossing vir landelike veiligheid deur middel van gemeenskapveiligheidstrukture uiteen.

Die oorhandiging van die memorandum vandag volg in reaksie op die regering se jarelange en deurlopende versuim om sy plig na te kom ten opsigte van die beskerming van Suid-Afrikaanse burgers – en die plaasgemeenskap in die besonder – teen gruwelike aanvalle en haatspraak. Die feit dat die regering bloot hande gevou sit en toekyk hoe misdadigers verwoesting saai onder die landelike gemeenskap en sommige politici plaasmoorde ontken of selfs aanmoedig, noop gemeenskappe nou om hulself te organiseer en ’n groter rol in hul eie veiligheid te speel. Dit is juis wat AfriForum deur sy nasionale netwerk van veiligheidstrukture reeds met sukses doen.

Benewens politici se blatante ontkenning van plaasmoorde, weier die regering steeds om dit as ’n prioriteitsmisdaad te verklaar, ten spyte van oorweldigende bewyse en argumente wat sodanige klassifikasie regverdig. Daarbenewens hits prominente politici en hul ondersteuners steeds geweld teen minderhede, veral teen boere, aan.

Vanaf 29 Julie, toe die EFF-leier, Julius Malema, die dreunsang “Kill the boer” in die FNB-stadion voor 90 000 ondersteuners gesing het, tot 11 Oktober, was daar reeds 68 plaasaanvalle waarin tien moorde gepleeg is. In een aanval is ’n egpaar van KwaZulu-Natal ernstig aangerand, terwyl hul aanvallers geskree het: “Kill the boer! Kill the farmer!”

In die memorandum wys AfriForum die president ook op ’n onlangse AfriForum-studie wat bevind het dat uit die 1 402 plaasaanvalle en plaasmoordvoorvalle wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) tussen 2019 en 2022 aangeteken het, daar tot dusver slegs in 66 gevalle skuldigbevindings was. AfriForum benadruk dat die swak vervolgingsyfer toegeskryf kan word aan onder meer swak ondersoekwerk en die regering se skynbare onwilligheid om die probleme in landelike veiligheid te takel.   

Volgens Jacques Broodryk, woordvoerder vir AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling, is AfriForum tans in die proses om die hoeveelheid hulpbronne wat geallokeer word vir buurt- en plaaswagte se opleiding en toerusting, aansienlik te verhoog, want die onwelkome politieke omgewing wat onder Ramaphosa voortgesit word, vereis dit.

“In ’n politieke omgewing wat gekenmerk word deur ontkenning, gebrek aan optrede en selfs aanhitsing tot plaasmoorde en -aanvalle, sê AfriForum die stryd aan om gemeenskappe toe te rus om effektief te reageer en sodoende medeverantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem. Wanneer ’n regering nie sy plig nakom om sy burgers te beveilig nie, maak dit die opkoms van weerbare, gemeenskapsgebaseerde veiligheidstrukture onvermydelik én noodsaaklik,” sluit Broodryk af.

Klik hier en word deel van die oplossing en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag of plaaswag betrokke.

Beveilig ’n plaas

Plaasmoorde en plaasaanvalle is nou ’n groter krisis as ooit tevore. Daar was die afgelope ruk ’n toename in plaasaanvalle, en die regering se onmag om iets aan hierdie probleem te doen, is duidelik sigbaar.

Daarom het AfriForum besluit om die bul by die horings te pak deur af te skop met ’n veldtog wat fokus op die beveiliging van plase.

Die “Beveilig ’n plaas-veldtog” gaan spesifiek kyk na:
• die veiligheidsassessering van plaaswonings;
• opleiding in basiese noodhulp;
• wapenopleiding; en
• die verskaffing van ’n analoog-radiostelsel insluitende radio-opleiding.

Die doel van hierdie veldtog is nie net om plase en almal wat op plase woon te beveilig nie, maar ook om die breër gemeenskap in spesifieke areas te bemagtig om vry, veilig en voorspoedig te kan leef.


Jy kan AfriForum help om ons plase te beveilig deur ’n skenking te maak vir hierdie doel.

Besoek www.beveilignplaas.co.za vir meer inligting en as jy hierdie aksie wil steun vanuit die buiteland besoek https://www.givengain.com/cc/beveilig-n-plaas/.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest