Leesvordering:

AfriForum neem regsaksie om deursigtigheid met Eskom kontrakte te verseker

Jul 12, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n openbare toegang tot inligting aansoek (PAIA) op Eskom beteken. In die aansoek eis AfriForum inligting oor aktiewe kontrakte wat die nasionale kragverskaffer tans met verskeie diensverskaffers het, insluitend steenkoolverskaffers asook vervoermaatskappye wat die steenkool aanry.

Volgens die organisasie laat die regering se baanrekord met betrekking tot die bestuur van staatsbeheerde maatskappye, veel te wense.

“Staatsbeheerde maatskappye het nou al sinoniem met korrupsie en wanbestuur geword en ons sal glad nie verbaas wees as die uitdeel van kontrakte aan onbevoegde diensverskaffers, met politieke bande, een van die groot bydraende faktore tot die land se beurtkrag krisis is nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake.

“Die inligting wat ons poog om te bekom met hierdie aansoek, sal ons in staat stel om verdere stappe teen korrupte en onbevoegde amptenare en diensverskaffers te neem. Ondanks beurtkrag, behoort Eskom as staatsentiteit nie Suid-Afrika in die donker te hou oor hoe hy kontrakte en tenders uitdeel nie,” sluit Mostert af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest