Leesvordering:

AfriForum skryf ’n brief aan DIRCO om te eis dat SA diplomaat self vir die skade aan die woonstel in Wene betaal

Mar 16, 2021

AfriForum het vandag ’n brief aan die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) gestuur rakende die onlangse nuus dat ’n Suid-Afrikaanse diplomaat (adv. David Kweli Nkosi) die woonstel in Wene, Oostenryk, waar hy gewoon het, in so ’n beskadigde toestand gelos het dat die geraamde koste om dit te herstel en op te knap rondom R715 000 beloop.

Volgens die eienaar van die woonstel, Karl Widy, soos in die media berig, was al die elektriese toestelle in die kombuis vernietig en al die waardevolle messeware weg toe hy in Augustus 2020 uitgetrek het. Daar was geen glase oor nie, die yskas en mikrogolf was vernietig, die venster- en deurrame was beskadig, die wasbak, bad en toilet was gevlek, die mure en vloere was vuil en gevlek met swart roet, en die plek het gewemel van kakkerlakke.

“Sulke gedrag deur ’n Suid-Afrikaanse diplomaat is onaanvaarbaar en belastingbetalers behoort nie belas te word om vir hierdie skade te betaal nie. AfriForum se standpunt is dat die diplomaat adv. David Kweli Nkosi uit sy sak vir die skade moet betaal,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

AfriForum hoop om binnekort van DIRCO en/of die minister te hoor.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest