Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Add-worth Accountancy

Mar 17, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Add-worth Accountancy.

Add-worth se missie is om entrepreneurs te help beplan vir ’n suksesvolle toekoms. Hulle bied die volgende moderne rekenmeestersdienste wat by jou behoeftes aangepas word:

  • Boekhouding
  • BTW
  • Betaalstaat
  • Jaareindrekeninge
  • Sekretariële dienste
  • Maatskappybelasting
  • Adviesdienste
  • Aanspreeklikheidsvennoot

Waarom moet jy Add-worth Accountancy deel van jou span maak?

Entrepreneurskap is een van die uitdagendste loopbane wat jy kan kies. Agter die oënskynlike vryheid, buigsaamheid, onbeperkte potensiaal en die uitleef van ’n droom lê ’n koue werklikheid. Dit sluit talle lang werksdae in wat week na week, jaar na jaar in laat nagte verander. Onsekerheid, twyfel aan jouself, mislukkings, foute en teleurstellings is alles deel van die entrepreneur se reis.

Maar entrepreneurs kies om hierdie Everest te klim omdat hulle weet waartoe hulle in staat is, asook omdat die impak wat hulle op die wêreld maak, al die uitdagings die moeite werd maak.

Entrepreneurskap hoef egter nie so veeleisend te wees as wat baie mense dink nie. As jy reg prioritiseer en goeie gewoontes aanleer sodat jy elke dag optimaal funksioneer, kan jy die spanning, uitputting en gevoel van oorweldiging wat die meeste entrepreneurs teister, oorkom.

Ons help eienaars van ondernemings om volle beheer oor hul onderneming te hê sodat hulle ’n gebalanseerde lewe kan lei deur áán hul onderneming te werk, nie ín hul onderneming nie.

Kontak Add-worth Accountancy

Telefoon: 0333 224 8643

E-pos: info@add-worth.co.uk

Klik hier vir Add-Worth Accountancy se webblad.

Klik hier om Add-Worth Accountancy op Facebook te besoek.

Klik hier om Add-Worth Accountancy in Wêreldwyd se Wêreldgids te vind

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest