Leesvordering:

AfriForum stel handleiding bekend om boere te help om eiendom te beskerm

Jul 19, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n assesseringsdokument bekendgestel wat boere as ’n handleiding kan gebruik om te verseker dat hulle die nodige veiligheidsmaatreëls in plek het om plaasaanvalle te help voorkom. Hierdie dokument sal boere ook leiding gee oor hoe om doeltreffend ná ’n aanval op te tree.

Dié dokument dien as ’n afmerklys wat gebruik kan word om seker te maak dat elemente soos gebeurlikheidsplanne, kommunikasienetwerke en toegangs- en ontsnaproetes deel is van boere se veiligheidsbeplanning.

“Boere het geen ander keuse as om hulself goed te beveilig deur gebeurlikheidsplanne in te oefen en ander veiligheidsvoorsorgmaatreëls te tref nie. Hierdie dokument dien as ’n baie handige riglyn, wat boere kan gebruik om hul veiligheidsbeplanning te assesseer en te verseker die nodige maatreëls is in plek,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid. Die assesseringsdokument is gratis beskikbaar by https://stopdiemoorde.co.za/beveilig-n-plaas/

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest