Leesvordering:

Natuurhoekie – Beiere se bokkies

Jul 19, 2023

AfriForum Wêreldwyd deel gereeld inligting oor die natuurlewe in Suid-Afrika in Natuurhoekie, maar ons is ook nuuskierig oor hoe die natuurlewe in ander uithoeke van die wêreld lyk.

Jolene Harley se staaltjie uit Duitsland het ons hart gesteel …

Naby ons by Forchheim in Beiere (Duitsland) is ’n dorpie en ’n woud met bambi-bokkies (herte). Hulle slaap tjoepstil in die lang gras. Quentin se kollega was een oggend laat vir klas want dit was grassnydag langs die nasionale pad. Hier in Duitsland is daar nie wildheinings om die woudgebiede nie en die diere kan vryelik migreer.

Vrywilligers gebruik hommeltuie met infrarooi kameras om die bokkies te vind. Dan word hulle oortjies gemerk vir navorsing en hulle word op fietswaentjies gelaai om hulle veilig te hou tot die gras klaar gesny is. Daarna word hulle weer teruggeplaas. Hulle hardloop nie weg vir die grassnyer nie. Dink seker as jy bly lê, dan word jy nie geëet nie.

Verbeel jou dis jou werkie as vrywilliger. Ek wil aanmeld.

Jolene Harley

Skryf vir ons

Is jy lief vir die natuur? Het jy al enige interessante dieremaniere dopgehou of pragtige landskappe in die buiteland ontdek? Deel jou staaltjies met ons by wereldwyd@afriforum.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest