Leesvordering:

AfriForum stuur verslag oor politieke inmenging aan Internasionale Krieketraad

Nov 11, 2020

AfriForum het ’n verslag oor politieke inmenging in Suid-Afrikaanse krieket aan die Internasionale Krieketraad (IKR) voorgelê. Dié verslag is ook vandag tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak en toon politieke inmenging in krieket sedert 1998 aan. Die verslag bied ook statistiese bevindinge oor die impak van dié inmenging.

Die doel van die studie, wat deur AfriForum onderneem is, is nie daarop gemik om prestasieverskille tussen rasse uit te lig nie, maar om afgedwingde rassekwotas en die invloed van dié beleid onder die loep te neem. Die streng afdwinging van rassekwotas het tot gevolg dat ras – en nie meriete nie – die verkiesingskriterium geword het en die gehalte van dié sport benadeel.

AfriForum versoek die IKR in hul brief om die praktyke en beleid van Krieket Suid-Afrika (KSA) as ’n oortreding van die IKR-reëls en ‑regulasies te verklaar en te bevind dat KSA onbehoorlike politieke invloed uitoefen. Die organisasie versoek ook dat ’n riglyn aan KSA uitgereik moet word met die uitdruklike opdrag om hul standpunt oor hul spankeusebeleid te hersien.

“Oor die geskiedenis heen was die ideaal van sport nog altyd een van gesonde kompetisie en meritokrasie. Elke atleet ding mee om die beste in hul sportsoort te wees, of om hul plek te verdien in ’n span met die beste spelers. Politieke inmenging in sport is ’n direkte aanval op hierdie eeue-oue ideale, en soos AfriForum se verslag bevind, is KSA hoog op die podium van politieke inmenging in sport,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Ronald Peters, AfriForum se bestuurder vir sport, noem dat die agteruitgang van krieket in Suid-Afrika weens politieke inmenging reeds te lank toegelaat word. “Dit is noodsaaklik dat die IKR nou intree en rassediskriminasie en politieke inmenging verbied. Dié inmenging het meer as net ’n negatiewe impak op die standaard van professionele krieket wat plaaslik en op internasionale vlak gespeel word – dit dryf die krieketgemeenskap uitmekaar.”

  • Lees die verslag hier.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest