Leesvordering:

AfriForum-verslag lê gevare van Nasionale Gesondheidsversekering bloot

Nov 7, 2023

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal die ongelykheidsgaping verder vergroot, nóg meer druk op die reeds oorbelaste belastingbetaler plaas en lei tot ’n uitvloei van mediese kundigheid sou dit implementeer word. AfriForum het hierdie en ander gevolge van die NGV in ’n nuwe navorsingsverslag uiteengesit.

Die organisasie beskryf in dié verslag onder meer die ideologiese grondslag van die NGV, die plek wat dit beklee in die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), die ekonomiese gevolge van die sentralisering van gesondheidsfinansiering en die vaaghede in die wetsontwerp self. Verder bied die verslag ’n oorsig van gesentraliseerde gesondheidstelsels in ’n aantal ander lande en hoe dit vergelyk of kontrasteer met die ekonomiese en beleidsomgewing in Suid-Afrika.

Een van die grootste kwessies met die NGV-wetsontwerp is die finansiering daarvan. Luidens die verslag word daar tans vier moontlike bronne van inkomste ondersoek wat ’n negatiewe impak op belastingbetalers sal hê – waaronder betaalstrokiebelasting. Hierdie opsie behels dat die regering van werkgewers gaan vereis om ’n gedeelte van hul werknemers se salarisse te verhaal wat dan aan die regering oorgedra sal word – dít bo-op die aftrekkings wat reeds van werknemers se salarisse verhaal word. Suid-Afrika se marginale inkomstebelasting is reeds hoër as die van meeste ander lande soos Kanada, die VSA en Namibië. Hoewel dit dieselfde is as Australië, Switserland en Suid-Korea se marginale inkomstebelasting het Suid-Afrika byna niks ten opsigte van dienslewering om hiervoor te wys nie.

Die navorsing bevind in feitlik al die ondersoekareas dat NGV skadelik vir die ekonomie en negatief vir die meeste Suid-Afrikaners se welstand sal wees en kom tot die gevolgtrekking dat die wetsontwerp deur die parlement verwerp en deur die gesondheidsektor teengestaan moet word.

Volgens Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, verskyn hierdie verslag in ’n kritieke tydgleuf waar die parlementêre stryd oor die NGV-wetsontwerp voortwoed en baie wanopvattings daaroor die ronde doen. “NGV word maklik verkeerd opgesom met slagspreuke soos ‘gratis gesondheidsorg vir almal’, maar die verslag gee ’n tree terug om ’n meer nugter en objektiewe beeld te verkry, naamlik dat die beleid duur, ongemotiveerd en onwerkbaar is,” sê Boshoff.

Die volledige verslag is beskikbaar by www.jougesondheid.co.za, waar die nuutste inligting oor NGV geplaas word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest