Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Bellissima Skin and Beauty

Nov 7, 2023

Dié week se kollig val op Bellissima Skin and Beauty in Australië. Bellissima Skin and Beauty is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Bellissima Skin and Beauty:

Hallo daar! Ek is Alicia Botha, stigter van en terapeut by Bellissima Skin and Beauty – jou velsorgspesialis gebaseer in Joondalup.

Ek het ’n passie vir die vel; hoe dit werk en hoe om dit te kry om te lyk soos dit moet: gesond en gloeiend! So ek sal jou altyd leer hoe om vir jou vel te sorg en ek sal jou skoonheidsreis hier by my salon bestuur.  

Ek het in 2013 na Perth verhuis van Suid-Afrika af en hou baie daarvan om in hierdie pragtige stad, wat ek nou huis noem, te bly. Ek het meer as 10 jaar gelede as grimeerkunstenaar begin werk, hoofsaaklik deur grimering vir troues te doen. Ek het ’n geruime tyd by ’n modelagentskap gewerk as hulle persoonlike grimeerkunstenaar – hier het ek grimering gedoen vir modelportefeuljes en saam met hul gereis om hul grimering vir modevertonings te doen. Ek het ook saam met verskeie fotograwe gewerk aan allerhande verskillende projekte. ’n Jaar na ek met my studies in grimeerkuns begin het, het ek ook begin om skoonheidsterapie te studeer. Kort ná ek afgestudeer het, het ek ’n salon in my tuisdorp oopgemaak. Ek het ook as ’n rondreisende skoonheidsterapeut gewerk wat sommige van die kleiner dorpies in my area bedien het. Ek het voortdurend daarna gestreef om verder te studeer om ’n velsorgterapeut te word. Ek sal nooit ophou leer nie. Ek is ook gekwalifiseerd in mediese naaldterapie en verskeie behandelingsmasjiene – insluitend CACI, die nie-chirurgiese ontrimpeling en fibroblastbehandeling.

Weet jy van ’n onderneming in die buiteland wat puik diens in Afrikaans kan lewer? Stuur vir ons ’n boodskap na wereldwyd@afriforum.co.za. Dalk verskyn jou onderneming volgende in die kollig.

Kontak Bellissima Skin and Beauty

Klik hier om Bellissima Skin and Beauty se webtuiste te besoek.

Klik hier om Bellissima Skin and Beauty op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest