Leesvordering:

AFRIFORUM VRA VIR ERKENNING VAN GEMEENSKAPPE BY DIE VN

Apr 21, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum versoek die Verenigde Nasies (VN) om die belangrikheid van gemeenskappe in die implementering van die 2030-agenda vir volhoubare ontwikkeling te erken. Die organisasie het ’n geskrewe verklaring ingedien vir die 2022 ECOSOC (VN se Ekonomiese en Maatskaplike Raad) Hoëvlak Segment (HLS) wat van 13 tot 18 Julie plaasvind. AfriForum het ook ’n versoek ingedien om ’n mondelinge voorlegging tydens vanjaar se geleentheid af te lê.

Die organisasie se verklaring het gefokus op probleme wat die oorsaak is van staatsmislukking in Suid-Afrika soos misdaad, burgerregteskendings, onvoldoende dienslewering en korrupsie. AfriForum het egter ook voorspraak gemaak vir ‘n gemeenskapsgebaseerde onder-na-bo-benadering om vrede, voorspoed en vryheid in Suid-Afrika en regoor die wêreld te verseker. As ’n geregistreerde lid van ECOSOC met spesiale raadgewende status sedert 2020, neem AfriForum gereeld deel aan geleenthede soos hierdie by die VN.

“ECOSOC bied ’n platform vir AfriForum om die belange van ons lede en die algemene publiek op die wêreldverhoog te verteenwoordig. Ons hoop dat die lesse en oplossings in ons verklaring ECOSOC sal inspireer om uit Suid-Afrika se mislukkings te leer en die fundamentele belangrikheid van gemeenskappe in die bou van ’n beter toekoms te erken,”

sê Reiner Duvenage, AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest