Leesvordering:

AfriForumTV se Jabie verras oorsese besoeker

Feb 15, 2024

Deur Marthinus Koekemoer

Dit is nie aldag dat ’n mens een van jou TV-helde ontmoet nie en nog minder dat jy saam met hom kan kuier en speel nie. Dit was egter onlangs die geval vir Wilco Els (3) wat saam met sy ouers uit Dublin, Ierland, in Suid-Afrika kom vakansie hou het en ’n oggend kon deurbring saam met Jabie van die AfriForumTV-reeks met dieselfde naam.

“Wilco se ouers het van die reeks te hore gekom toe vriende van my in Ierland gaan kuier het en dié vriende Wilco se ouers van AfriForumTV se kinderreekse vertel het. Daar is ’n groot behoefte vir Suid-Afrikaners in die buiteland om hul kinders aan Afrikaanse reekse bloot te stel. So het Wilco Jabie begin kyk en ’n groot aanhanger geword. Wilco was aanvanklik bietjie sku, maar daarna het ons lekker gekuier en gespeel. Soveel so dat toe ek moes gaan wou hy nog lank aanhou speel,” sê Jabus Steenkamp oftewel Jabie.

AfriForumTV het die idee van ’n kinderreeks vir twee- tot sesjariges gehad en toe Steenkamp die geleentheid gegee is om die reeks te maak, het hy dit met albei hande aangegryp. Jabie het reeds ’n derde seisoen wat getuig van hoe gewild dié reeks geword het. Jabie besoek in die reeks verskillende plekke waar ouers hul kinders kan neem om lekker te speel. Hy leer kinders speel-speel van onder meer getalle, vorms en kleure. So was Jabie al by Croc City, die dieretuin by Hartbeespoortdam en verskeie kere by die Voortrekkermonument (VTM).

“Die VTM is ’n ongelooflike plek met só baie om te doen. Ons beplan om nog episodes daar te gaan opneem. Ons is ook altyd op soek na nog idees en interessante plekke vir die reeks. Ouers kan gerus foto’s neem van plekke wat hulle dink ons kan besoek en dit op ons Facebook-blad los. AfriForumTV is ’n wonderlike platform vir kinders, want ek as ouer hoef nie te bekommer dat my kind onvanpaste inhoud daarop sal sien nie.”

Steenkamp is ’n onderwyser by die Laerskool Elarduspark in Pretoria-Oos waar hy Engels aan graad 4’s leer. Tussendeur sy voltydse werk maak hy tyd om episodes van Jabie op te neem. By skoolgeleenthede loop hy ook af en toe iemand raak wat hom as Jabie herken.

“Soms kom ek iemand tee wat weet wie ek is. Daar is dikwels ’n oomblik waar hulle nie seker is of ek werklik Jabie is nie, maar dan word daar gewoonlik ’n paar foto’s geneem. Ek het nog altyd ’n hart vir kinders gehad, veral die wat swaarkry en in nood verkeer,” sê Steenkamp, wat self twee dogtertjies het.

Alhoewel Jabie tot dusvêr net in Gauteng opgeneem is, is daar planne om die reeks moontlik na die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal uit te brei.

Om meer oor die reeks uit te vind of om episodes daarvan te kyk, besoek AfriForumTV. Dié reeks kan soos ander reekse op die platform gratis gekyk word, selfs in die buiteland.

Hierdie artikel het oorspronklik in Forum Nuus verskyn

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest