Leesvordering:

Afrikaanse vermaak op pad Australië en Nieu-Seeland toe

Jul 3, 2023

Kom geniet vir Appel, Ricus Nel en Bok van Blerk saam met AfriForum Wêreldwyd en South African Events. 

AfriForum Wêreldwyd tree weer as hoofborg vir die Afrikaans is Lekker 2023-toer in Australië en Nieu-Seeland op, omdat dit vir ons belangrik is dat ons mense in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul kultuur kan vier.

Kom sing, lag en raak nostalgies saam met hierdie ongelooflike kunstenaars wanneer hulle in Christchurch, Auckland, Brisbane, Mackay, Sydney en Perth optree.

Die datums is soos volg:

  • 14 Julie 2023 – Christchurch
  • 15 Julie 2023 – Auckland
  • 16 Julie 2023 – Brisbane
  • 21 Julie 2023 – Mackay
  • 22 Julie 2023 – Sydney
  • 23 Julie 2023 – Perth

Maak seker jy loop nie hierdie optredes mis nie. Deel hierdie inligting asseblief met al jul vriende en bring sommer ’n paar saam. Het jy familie en vriende in Australië of Nieu-Seeland? Laat weet hulle daar is eg Afrikaanse vermaak op pad!


Koop jou kaartjies

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest