Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Wrapped by Design

Jul 5, 2023

Dié week se kollig val op Wrapped by Design in Australië.

Wrapped by Design is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Wrapped by Design:

Hallo almal, welkom by my winkel. Ek woon al vir amper agt jaar in Australië nadat ek hierheen geëmigreer het van Suid-Afrika af en ek geniet elke oomblik. Ek is ’n mamma van drie kinders en ’n ouma van drie klein seuntjies. Dit was lank ’n droom van my om my eie onderneming te begin en my droom het in 2019 waar geword toe ek my eie klein winkeltjie oopgemaak het. Op die ouderdom van 50 het ek met houtwerk begin! Ek sou myself beskryf as ’n presteerder en perfeksionis en sal nie iets uitstuur wat ek nie vir myself sou koop nie. Ek is mal oor my kuns en lief vir wat ek doen, en ek hoop om my onderneming word so groot dat ek eendag mishandelde vroue in diens kan neem om hulle te bemagtig.

Alle werk word deur my gedoen omdat ek myself deurlopend nuwe vaardighede leer oor alles wat met houtwerk te doen het.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Wrapped by Design

Klik hier om Wrapped by Design se webtuiste te besoek.

Klik hier om Wrapped by Design op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Hierdie week se kollig is op KuierKos in Nederland. KuierKos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest